die uitwerking van die wet op verskillende besigheidspraktyke

Report
OP DIE WENPAD
Besigheidstudies Graad 12
KWARTAAL 1
Onderwerp 1: Impak van onlangse wetgewing op sakebedrywighede – die
reaksie op die behoefte vir regstelling en gelykheid
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
(Die Nasionale Verbruikersbeskermingswet is ingestel om bewustheid van
verbruikersregte te skep en om verbruikersregte te beskerm)
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
AARD van die WVB:
 Die wet het in April 2011 in werking getree en dit verleen regte en metodes
aan verbruikers / kopers waarvolgens verskaffers aanspreeklik gehou kan
word vir misleidende en uitbuitende optrede.
 Verbruikers is a.g.v. armoede, ongeletterdheid, onvermoë om kontrakte /
advertensiens / waarskuwings, ens. te lees en te verstaan, in die verlede
uitgebuit deur besighede wat ooreenkomste met hierdie verbruikers
aangegaan het. Hierdie tipe verbruikers staan as kwesbare verbruikers
bekend. Die WVB wil dit voorkom.
 Histories benadeelde persone is nie toegelaat om volle deelname as
verbruikers te geniet nie en die WVB wil hulle ook ‘n gelyke geleentheid as
verbruikers gee.
 Uitskakeling van vorige diskriminerende wette wat nie aan alle verbruikers
volle deelname in die ekonomie gegee het nie en wat ook bygedra het tot
uitbuiting van verbruikers.
 Hierdie wet maak die toepassing van die NKW meer prakties.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DOEL van die WVB:
 Beskerm verbruikers / kopers teen oneerlike / misleidende bemarkers.
 Voorsien verbruikersbeskerming soos wat dit in Eerstewêreldlande die geval
is.
 Help voorheen benadeelde mense om hul regte te ken en regverdig
behandel te word as verbruikers.
 Moet die maatskaplike en ekonomiese welstand van verbruikers bevorder.
 Verbruikersorganisasies kan gestig word om die gesamentlike belange van
verbruikers te bevorder. Hierdeur kry verbruikers geleentheid om deel te hê
in besluitnemingspresesse rakende die markplek en verbruikersbelange.
 Bevorder en beskerm die belange van verbruikers deur toegang tot
inligting te verskaf.
 Om verbruikersbewustheid te bevorder.
 Om verantwoordelike en ingeligte verbruikerskeuses aan te moedig.
 Regverdige sakepraktyk te bevorder.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DOEL van die WVB:
 Die Wet verorden agt verbruikersregte, naamlik die reg op:
 gelykheid in die verbruikersmark
 privaatheid
 keuse
 openbaarmaking en inligting
 billike en verantwoordelike bemarking
 billike en eerlike handelswyses
 billike, regverdige en redelike terme en voorwaardes
 billike waarde, goeie gehalte en veiligheid
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende
aspekte van sakebedrywighede kan hê:
 Bemarking:
 Die wet verbied diskriminerende bemarking, soos om mense toegang tot sekere
goedere of dienste te ontsê of om op spesifieke gemeenskappe te fokus vir die
uitsluitlike verskaffing van goedere of dienste.
 Die Wet behels ook uitvoerige voorskrifte aangaande algemene
bemarkinstandaarde, lokreklame, direkte bemarking, katalogusbemarking,
klantlojaliteitsprogramme, alternatiewe werkskemas en verwysingsverkope.
 Die verbruiker se keuse:
 Die Wet handel oor:
 die verbruiker se reg om verskaffers te kies
 die verval en hernuwing van vastetermyn-ooreenkomste;
 voorafgoedkeuring van herstel- of instandhoudingsdienste;
 die verskaffing van kosteberamings aan verbruikers
 die reg om goedere en ongewenste goedere terug te stuur.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende aspekte
van sakebedrywighede kan hê:
 Kansellasie van vooraf besprekings of bestellings:
 Verbruikers word, onderhewig aan ‘n billike kansellasiefooi, toegelaat om
voorafbesprekings en –bestellings te kanselleer.
 Geen kansellasiefooi mag egter gehef word indien ‘n verbruiker weens sterfte of
hospitalisasie nie die bespreking kan nakom nie.
 Openbaarmaking en inligting:
 Verbruikers is geregtig op inligting in eenvoudige en verstaanbare taal.
 Dit word bepaal deur verwysing na “’n gewone verbruiker met gemiddelde
geletterdheidsvaardighede en minimale ervaring as ‘n verbruiker van die betrokke
goedere of dienste na verwagting sonder oormatig insspanning kan verstaan”.
 Die wet vereis ook:
 ‘n aanduiding van die prys van goedere en dienste;
 produketikette en in sekere gevalle, handelsbeskrywings;
 die openbaarmaking van opgeknapte of grysmarkgoedere;
 skriftelike verkooprekords; en
 die behoorlike identifikasie van afleweraars en installeerders van goedere
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende
aspekte van sakebedrywighede kan hê:
 Billike en eerlike transaksies met verbruikers:
 Die Wet bevat uitvoerige bepalings oor:
 sogenaamde onaanvaarbare gedrag;
 valse of misleidende voorstellings;
 bedrieglike skemas en aanbiedinge, piramideskemas en veilings.
 Oorbespreking en oorverkoping:
 ‘n Verskaffer mag nie betaling vir goedere of dienste aanvaar as hy of sy nie van
voorneme is om die goedere of dienste te verskaf nie, of beplan om goedere of
dienste te verskaf wat wensenlik verskil van dié waarvoor betaling gemaak moet
word nie.
 In gevalle waar ‘n verskaffer nie ‘n onderneming teenoor die verbruiker kan
nakom nie, is die verbruiker geregtig op die terugbetaling van enige bedrag wat
aan die verskaffer betaal is, asook vir enige voortspruitende skade of verlies wat
deur die verbruiker gely is.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende
aspekte van sakebedrywighede kan hê:
 Billike waarde, goeie gehalte en veiligheid:
 Die Wet bevestig die verbruiker se reg:
 op gehaltediens;
 op veilige goedere van goeie gehalte;
 op geïmpliseerde waarborge van gehalte;
 op waarborge op herstelde goedere en op waarskuwings oor die bestaan
en aard van riksiko’s wat met die gebruik van die produk of diens verband
hou.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende
aspekte van sakebedrywighede kan hê:
 Aanspreeklikheid vir skade deur goedere veroorsaak:
 Die oplegging van strenge aanspreeklikheid vir skade wat deur goedre
veroorsaak word, is een van die mees omstrede bepalings in die Wet.
 Dit lui dat die produsent of invoerder, verspreider of kleinhandelaar van enige
goedere aanspreeklik is vir enige leed wat in geheel of gedeeltelik a.g.v. die
volgende veroorsaak is:
 Verskaffing van onveilige goedere;
 onklaarraking, foute of gevare van enige goedere;
 of onvoldoende instruksies of waarskuwings aan di everbruiker rakende
enige gevaar wat uit die gebruik van enige goedere spruit of daarmee
geassosieer word – ongeag of die leed die gevolg was van enige
nalagtigheid deur die produsent, invoerder, verspreider of kleinhandelaar.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende aspekte
van sakebedrywighede kan hê:
 Besigheidsname:
 Die Wet bepaal dat ‘n persoon nie:
 sake mag doen;
 adverteer;
 aanbied om goedere of dienste te verskaf;
 of ‘n ooreenkoms met ‘n verbruiker mag aangaan
 in enige naam buiten
 die persoon se volle naam, soos vervat in die indentiteitsboek van natuurlike persone;
 die geregistreerde naam van regspersone;
 of ‘n geregistreerde besigheidsnaam nie.
 Die grondrede vir die vereiste dat besighede se name geregistreer moet word, is
om die verbruiker in staat te stel om kennis te neem van die wettige identiteit
van die party met wie hy sake doen.
 Sakepersone wat wil handel dryf, word wetlik verplig om sekere inligting op alle
handelskatalogusse, omsendbriewe, briewe, bestellings, verkooprekords en
rekeningstate aan te toon.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
DIE UITWERKING VAN DIE WET OP VERSKILLENDE BESIGHEIDSPRAKTYKE:
Die volgende is voorbeelde van die uitwerking wat die Wet op verskillende
aspekte van sakebedrywighede kan hê:
 Klas-aksies:
 Die Wet maak voorsiening vir klas-aksies in die vorm van geakkrediterde
verbruikersbeskermingsgroepe, wat mag optree om die belange van individuele
of groepe verbruikers te beskerm.
 Die Wet bepaal dat hierdie groepe die Nasionale Verbruikerskommissie mag
nader as ‘n verbuiker se regte ingevolge die Wet geskend is.
 Promosiekompetisies:
 Die Wet bevat verskeie vereistes rakende promosiekompetisies, soos dat die reels
van die kompetisie gratis beskikbaar gestel moet word.
 Die aanbieders van sulke kompetisies moet toesien dat hulle aan die voorskrifte
van die Wet voldoen.
 Afkoelperiode:
 Die Wet beskerm verbruikers wanneer goedere direk / telefonies bemark word.
 Verbruikers het ‘n tydperk van vyf werksdae om die ooreenkoms skriftelik te
herroep.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
VOORDELE EN NADELE:
VOORDELE:
NADELE:
Sekerheid oor verbruikers se regte.
Personeellede moet opgelei word om die
onderneming se verantwoordelikhede te ken
en na te kom.
Meer regverdigheid in transaksies.
Verbruikers moet opgelei word oor hulle
regte.
Beter balans tussen verskaffer en verbruikers
se belange.
Sommige goedere en dienste se pryse styg.
Meer doeltreffende regshulp en bystand vir
verbruikers.
Besighede moet baie meer inligting oor hul
produkte en prsesse openbaar.
Bevorder en beskerm die ekonomiese
belange van verbruikers deur die verbetering
tot toegang van inligting om hulle in staat te
stel om ingeligte besluite te neem m.b.t. hul
individuele behoeftes.
Die WVB moedig verbruikers aan om te kla
oor besighede.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
VOORDELE EN NADELE:
VOORDELE:
NADELE:
Beskerm verbruikers teen gevaarlike situasies
m.b.t. hul welstand en veiligheid.
Onregverdige optrede oor klagtes kan
besighede se openbare beeld benadeel.
Dwing besighede om verbruikeropvoeding te
voorsien en te bevorder.
Dit plaas ekstra finansiële en administratiewe
las op besighede.
Bevorder ‘n regverdige, toeganklike en
volhoubare markplek vir verbruikers se
behoeftes aan produkte en dienste.
Sommige besighede voel dat die Wet hulle te
veel belas en dat die verbruiker altyd reg is.
Verplig verbruikers om ingeligte en
verantwordelike besluite te neem.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN VERBRUIKERS EN ONDERNEMINGS:
ONDERNEMINGS SE REGTE:
VERBRUIKERS SE REGTE:
Die verskaffer kan ‘n vastetermynkontrak
kanselleer, 20 dae nadat die verskaffer die
verbruiker kennis gegee het van ‘n wesenlike
nie-nakoming deur die verbruiker.
Verbruikers se regte sluit die volgende regte in:
• Die reg op privaatheid
• Die reg om vrye keuse
• Die reg op inligting
• Die reg op rekenskap deur verskaffers
• Die reg op billike en verantwoordelike
bemarking
• Die reg op billike en redelike bepalings en
voorwaardes
Met die uitsondering van openbare
vakansiedae en Sondae, kan die verskaffer die
verbruiker vir doeleindes van direkte bemarking
nader tussen 8:00 en 20:00 op weeksdae en
tussen 09:00 en 13:00 op Saterdae.
In die geval van direkte bemarking, kan die
verbruiker ‘n kontrak binne 5 dae nadat die
kontrak gesluit of die goedere ontvang is,
kanselleer.
Verskaffers kan verbruikersooreenkomste
afdwing, indien die ooreenkoms in eenvoudige
en duidelike taal is.
Die verbruiker kan onbestelde goedere hou
sonder om daarvoor te betaal.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN VERBRUIKERS EN ONDERNEMINGS:
ONDERNEMINGS SE REGTE:
VERBRUIKERS SE REGTE:
‘n Verskaffer kan ‘n verbruikersooreenkoms
afdwing, indien die ooreenkoms skriftelik is, selfs
al is die ooreenkoms nie deur die verbruiker
onderteken nie.
‘n Vooruitbespreking, reservering of bestelling
kan gekanselleer word onderhewig aan ‘n
redelike heffing vir kansellasie.
Besighede is bewus dat ‘n Nasionale
Verbruikerskommissie gestig is om verbruikers se
belange te beskerm en dat verbruikers deur
hierdie kommissie besighede wat oortree, kan
aankla.
Verbruikers moet verantwoordelike gedrag
openbaar.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN VERBRUIKERS EN ONDERNEMINGS:
ONDERNEMINGS SE VERANTWOORDELIKHEDE:
Kontrakte moet in duidelike eenvoudige taal
wees.
Kontrakbepalings moenie onbillik, onredelik of
onregverdig wees nie.
Sommige kontrakbepalings word verbied.
Verskaffers mag nie vals of misleidende
voorstellings maak nie.
Die pryse van goedere moet aangedui word.
Verkopsrekords moet gehou word.
Lojaliteitsprogramme vir verbruikers moet
gereguleer word.
Veral kwesbare verbruikers moet beskerm word.
Die verskaffer moet volgens die kontrak
presteer.
VERBRUIKERS SE VERANTWOORDELIKHEDE:
Die verbruiker moet volgens die kontrak
presteer.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
REMEDIëRENDE REGSHULP (REMEDIES):
 Die verbruiker kan ‘n klag na die Nasionale Verbruikerskommissie verwys.
 Die verbruiker en die verskaffer het toegang tot meganismes vir
alternatiewe oplossing van dispute.
 Verskaffers is onderhewig aan administratiewe boetes.
 Die Nasionale Verbruikerskommissie kan markpraktyke van verskaffers
ondersoek.
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING
(NR 68 VAN 2008)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE
DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Sekere gedrag word deur die WVB verbied.
 Die Nasionale Verbruikerskommissie het ondersoekbevoegdhede wat inspeksie
en ondervraging insluit.
 Die Nasionale Verbruikerskommissie kan nakomingskennisgewings uitreik en ‘n
versuim om daaraan te voldoen, is ‘n strafregterlike oortreding.
 Die Nasionale Verbruikerskommissie monitor die verbruikersmark om verbode
gedrag uit te wys en te voorkom.
 Die Nasionale Verbruikerstribunaal mag:
 verhore hou.
 sekere gedrag verbied.
 ‘n interdik teen verbode gedrag uitreik (d.w.s. ‘n bevel wat vereis dat sulke gedrag
gestaak word).
 ‘n bevel vir tussentydse regshulp toestaan (naamlik ‘n remedie hangende afhandeling
van die saak).
 ‘n bevel toestaan wat ‘n administratiewe boete oplê.
 Besighede wat hul skuldig maak aan die oortredings van die bepalings indie
WVB kan ‘n boete van tot R1 miljoen of 10 % van hul omset opgelê word.

similar documents