OP DIE WENPAD

Report
OP DIE WENPAD
Besigheidstudies Graad 12
KWARTAAL 1
Onderwerp 1: Impak van onlangse wetgewing op sakebedrywighede – die
reaksie op die behoefte vir regstelling en gelykheid
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
(geen onbillike diskriminasie teen ‘n werknemer nie)
AARD van die WGI:
 Hierdie wet is ingestel om die ongelykhede wat voor 1994 plaasgevind het, reg
te stel.
 Die wet bevorder gelykheid in indiensneming en maak voorsiening vir
regstellende aksie om die demografie van die samelewing in die werkplek te
weerspieël.
 Voorsiening vir gelyke geleenthede vir alle werksoekers en regverdige
behandleing in die werkplek.
 Voorkoming van diskriminasie wat op alle werkgewers van toepassing is.
Niemand mag diskrimineer teen ‘n werksoeker/werknemer t.o.v. ras, geslag,
swangerskap, huwelikstatus, etniese of maatskaplike oorsprong, kleur, taal,
seksuele voorkeur, geloofsoortuiging, gestremdheid, MIV-status, kultuur, ens.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
AARD van die WGI:
 Geen onbillike diskriminasie mag toegelaat word soos bv. seksuele
teistering, verpligte mediese toetse, ens.
 Maatreëls vir regstellende aksie op aangewese werkgewers. (Dit is
werkgewers wat 50 of meer werkers in diens het).
 Maatreëls vir regstellende aksie op aangewese groepe wat swart mense,
bruin mense, Indiërs, vroue van alle rasse en gestremde persone insluit.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
AARD van die WGI:
 Maatskappye moet ‘n gelyke indiensnemingsplan hê wat deel is van die
kode vir goeie besigheidspraktyk. Hierdie plan moet onder andere die
volgende uiteen sit:
 Redelike vordering met gelyke indiensneming van die besigheid se arbeidsmag.
 Die doelwitte / teikens wat bereik moet word vir elke jaar van die plan.
 Regstellende aksie maatreëls wat geïmplementeer moet word.
 Indien die huidige verteenwoordiging van aangewese groepe laer is as wat dit
behoort te wees, moet die getal en die tydraamwerk aangedui word waarbinne
die regstelling sal geskied.
 Die tydraamwerk vir elke jaar van die plan moet aangedui word.
 Die duur van die plan met ‘n minimum van een jaar tot ‘n maksimum van vyf
jaar.
 Prosedures om die inwerkingstelling van die plan te monitor en te evalueer, ens.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
DOEL van die WGI:
 Die doel van hierdie wet is om gelykheid in die werkplek te bewerkstellig
deur:
 Gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werknemers te bevorder
deur bv. alle werknemers uit te nooi om vir bestuursposte aansoek te doen.
 Onbillike diskriminasie uit te skakel, deur bv. voorkeur te gee aan gestremde
persone.
 Gelyke verteenwoordiging van alle bevolkingsgroepe in alle beroepe en vlakke
in die arbeidsmag te verseker, deur bv. werkers van alle rasse aan te stel.
 Ongelykhede in die werkplek wat deur sekere groepe ondervind word aan te
spreek, deur bv. regstellende aksie te implementeer.
 Regstellende aksie te implementeer, deur bv. voorkeur te gee aan voorheen
benadeelde persone wanneer aanstellings gemaak word.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
DOEL van die WGI:
 Werkgewers word aangespoor om planne te formuleer te bevordering van
diensgelykheid. Hierdie planne moet aan die Departement van Arbeid
voorgelê word.
 Regstellende aksie maatreëls vir aangewese groepe van werknemers word
in die wet uiteengesit asook die toepassing van regstellende aksie wat
gelyke verteenwoordiging in die werkplek verseker.
 Werknemers word beskerm teen viktimisering in die werkplek
 Inspekteurs van die Departement van Arbeid mag besighede besoek om
te kyk of hul gelyke indiensnemingsplan geïmplementeer word en die nienakoming hiervan kan in die Arbeidshof eindig.
 Om onbillike indiensneming weens diskriminasie van die verlede t.o.v. ras,
geslag, en gebrek uit die weg te ruim.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
DOEL van die WGI:
 Om gelyke geleenthede vir alle werknemers te bevorder en regstellende
aksie te reguleer.
 Implementering van die regering se transformasieplan.
 Strewe na diversiteit / gelyke verteenwoordiging in die werkplek.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
VOORDELE
NADELE
Poog om die ongelykhede van die
verlede reg te stel.
Die wet poog om een soort
diskriminasie met ‘n ander soort
diskriminasie reg te stel.
Bevorder gelyke geleenthede vir alle
mense in die werksplek.
Die doel van die Wet op Gelyke
Indiensneming kan bots me die doel
van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling.
Gee vir alle kandidate ‘n gelyke
geleentheid om aangestel te word.
Die mense wat tans voordeel trek uit
die Wet op Gelyke Indiensneming is
waarskynlik nie die mense teen wie
ing die verlede gediskrimineer is nie.
Gee vir alle kandidate ‘n gelyke
geleentheid om vir bevordering
oorweeg te word.
Werksoekers word in poste aangestel
waarvoor hulle nie die nodige
kwalifikasie of ervaring het nie, om
aan die vereistes vir gelykheid te
voldoen.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
VOORDELE
NADELE
Bevorder gelyke geleenthede en
regverdige behandeling tydens
indiensneming.
Werkers wat deur regstellende aksie
uit diens gestel word, moet ‘n
finansiële vergoedingspakket ontvang
wat uitgawes verhoog.
Bevorder die implementering van
regstellende aksie maatreëls om die
ongelykheid in indiensneming van die
verlede reg te stel.
Onopgeleide werkers wat aangestel
word om te voldoen aan die vereistes
van gelykheid, moet opgelei word
wat ook ekstra finansiële implikasies
het.
Voorkom onregverdige diskriminasie
teen werknemers op grond van ras,
geloof, ens.
Besighede word gedwing om iemand
in diens te neem wat hulle in die
eerste plek nie sou aangestel het nie.
Voorsien ‘n raamwerk vir aanvaarbare Onregverdige bevordering van
indiensnemingspraktyke.
werknemers om aan die eise van
gelykheid te voldoen op bestuursvlak.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
VOORDELE
NADELE
Bevorder diversiteit in die werkplek.
Dit neem tyd om ‘n gelyke
indiensnemingsplan op te stel en te
implementeer.
Bevorder konsultasie tussen
werkgewers en werknemers.
Die wet word deur sommige
besighede gesien as ‘n las met
betrekking tot produktiwiteit wat
ekonomiese groei belemmer.
Sekere groepe mense mense is as
gevolg van regstellende aksie,
uitgesluit wanneer aanstellings
oorweeg word.
Regstellende aksie moet voorkeur
geniet, sodat voorheen benadeelde
persone geleenthede gegee word,
om veral betsuursposte, te vul, wat
kan lei tot die verlies van
gekwalifiseerde werknemers.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
VOORDELE
NADELE
Kan lei tot konflik in die werkplek.
Personeelomset kan hoër wees, wat
beteken dat nuwe werknemers eers
opgelei moet word wat koste
implikasies het.
Opgeleide, ervare en vaardige
werkers word uit diens gestel deur
regstellende aksie.
Mense wat bekwaam is om die werk
te doen, word uitgesluit om vir niebekwame mense wat van die
geskikte geslag, ras ens. is plek te
maak.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
VOORDELE
NADELE
Kundige werkers verlaat die land
omdat hulle beter werksgeleenthede
oorsee verkry.
Die onsekerheid van mense wat tot
verskillende berope moet toetree,
verlaag die ekonomiese groei wat ten
doel gestel is, omdat buitelandse
geleenthede en salarisse meer
aanloklik is.
Ervare en kundige werkers moet plek
maak vir onopgeleide werkers
wanneer nuwe aanstellings gedoen
word as gevolg van die bepalings van
die wet.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
REGTE VAN / IMPLIKASIES VIR DIE BESIGHEID:
 Alle werkgewers moet die nodige aksie neem met betrekking tot gelyke
indiensneming.
 Neem regstellende aksie om te verseker dat toepaslik gekwalifiseerde persone
van aangewese groepe gelyke geleenthede het tydens indiensneming.
 Verseker dat aangewese groepe gelyke verteenwoordiging op alle vlakke in
die besigheid het.
 Beskikbaarstelling van relevante inligting rakende gelykheid aan
verteenwoordigende partye.
 Geen onaanvaarbare praktyke mag toegepas word soos bv. truwaartsediskriminasie mag nie toegepas word deur mense uit voorheen benadeelde
groepe aan te stel, sonder om die meriete van alle aansoekers te ondersoek
nie.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
REGTE VAN / IMPLIKASIES VIR DIE BESIGHEID:
 Aansoekers uit aangewese groepe moet oorweeg word wanneer
aanstellings vir vakante poste gemaak word.
 Besighede met meer as 50 werknemers en klein besighede met ‘n jaarlikse
omset gelykstaande of hoër as die jaarlikse voorgeskrewe bedrag, moet ‘n
diensbillikheidsplan opstel. Hierdie plan moet by die Departement van
Arbeid ingedien word, tesame met ‘n jaarlikse verslag oor hoe daar
gevorder is met die implementering van die plan.
 Besighede wat nie aan die bogenoemde vereistes voldoen nie, hoef nie
aan regstellende aksie vereistes soos uiteengesit in die WGI te voldoen nie.
Hulle mag egter vrywillig instem om dit toe te pas.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
REGTE VAN WERKNEMERS:
 Gelyke geleenthede in die werkplek.
 Uitskakeling van onregverdige diskriminasie tydens aansoek om vakante
poste.
 Gelyke verteenwoordiging in die werkplek volgens die demografie van die
land.
 Lewer insette in die besigheid se diensbillikheidsplan.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
IMPLIKASIES VIR KLEIN EN GROOT ONDERNEMINGS:
Implikasies vir klein ondernemings: Implikasies vir groot ondernemings:
Ondernemings met meer as 50
werknemers moet aan die
beginsels van regstellende aksie
voldoen.
Ondernemings se
indiensnemingsbeleide moet
onregverdige diskriminasie verbied.
Ondernemings moet kandidadte
uit ‘n kleiner poel kies.
Slegs ondernemings wat aan
diensbillikheidsvereistes voldoen,
word toegelaat om sake met die
regering te doen – dit dien as
motivering vir klein ondernemings
om aan diensbillikheidsvereistes te
voldoen (selfs al is dit nie tans ‘n
statutêre (wetlike) vereiste nie).
Vaardige en ervare werknemers
word soms die geleentheid tot
bevordering ontneem ter wille van
diensbillikheidsvereistes.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
IMPLIKASIES VIR KLEIN EN GROOT ONDERNEMINGS:
Implikasies vir klein ondernemings: Implikasies vir groot ondernemings:
Ondernemings met minder as 50
werknemers hoef nie
diensbillikheidsplanne te hê nie.
Ondernemings moet voorkeur gee
aan voorheenbenadeelde
kandidate.
Werkgewers met minder as 150
werknemers moet elke 2 jaar
diensbillikheidsverslae aan die
Direkteur-Generaal voorlê.
Ondernemings word verplig om
werknemers in te lig oor die
bepalings van die Wet op Gelyke
Indiensneming deur die wet by die
werkplek te vertoon.
Ondernemings word verplig om
Ondernemings word verplig om
werknemers in te lig rakende die
rekord te hou van werknemers en
bepalings van die Wet op Gelyke
diensbillikheidsplanne.
Indiensneming deur die wet by die
werkplek te vertoon.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
IMPLIKASIES VIR KLEIN EN GROOT ONDERNEMINGS:
Implikasies vir klein ondernemings: Implikasies vir groot ondernemings:
Aangewese werkgewers
(werkgewers met 50 of meer
werknemers) moet
diensbillikheidsplanne hê.
Werkgewers met meer as 150
werknemers moet elke jaar ‘n
diensbillikheidsverslag aan die
Direkteur-Generaal voorlê.
Aangewese werkgewers moet ‘n
senior bestuurer aanstel wat
verantwoordelik is vir die
onderneming se
diensbillikheidsplan.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID
NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
 ‘n Nakomingsbevel kan deur ‘n arbeidsinspekteur uitgereik word.
 Indien ‘n nakomingsbevel nie gehoorsaam word nie, kan die Arbeidshof
genader word om ‘n nakomingsbevel ‘n bevel van die Arbeidshof te
maak.
 Dit beteken dat die besigheid gedwing word om die bevel uit te voer.
 Die Arbeidshof kan werkgewers beboet.
 Die Arbeidshof kan ‘n minimum boete van R500 000 aan eerste oortreders
van die wet se bepalings oplê tot ‘n bedrag van R900 000 na vier
oortredings.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE
DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Die werkgewer kan nie beboet word indien die doelwitte soos gestel in die
diensbillikheidsplan nie bereik word nie, maar die Arbeidshof kan teen die
werkgewer optree indien geen daadwerklike poging aangewend word om die
doelwitte te bereik nie.
 Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming kan ook help om die Wet op Gelyke
Indiensneming af te dwing.
 Regstellende aksie is van toepassing op:
 Werkgewers met 50 of meer werknemers en ‘n jaarlikse inkomste wat die bedrag deur
die Wet op Gelyke Indiensneming voorgeskryf word, oorskry.
 Munisipaliteite
 Liggame van die staat
 Werkgewers wat deur n bedingingsraad-ooreenkoms opdrag gegee is
 Werkgewers wat kies om te voldoen (vrywilliglik) aan die wet.
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID
NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Die Wet op Gelyke Indiensneming is nie van toepassing op:
 Die Nasionale weermag
 Die Nasionale Intelligensiediens
 Die Suid-Afrikaanse Geheimediens
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
AKSIES WAT IN DIE WGI WAT AS DISKRIMINEREND BESKOU WORD:
 Diskriminasie op grond van een of meer van die volgende faktore:
Ras, geslag, geloofsoortuigings, swangerskap, huwelikstatus,
familieverantwoordelikheid, etniese of maatskaplike oorsprong, kleur,
ouderdom, gestremdheid, gewoontes, MIV-status, politieke opvattings,
kultuur
 Mediese toetse:
Word deur die wet verbied, tensy:
 Wetgewing die toetse toelaat of vereis
 Die toetse geregverdig is m.b.t. mediese feite, werksomstandighede, maatskaplike
beleid of werksvereistes
Mediese toetse om ‘n werknemer se MIV-status vas te stel, is verbode
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
AKSIES WAT IN DIE WGI WAT AS DISKRIMINEREND BESKOU WORD:
 Psigometriese toetse:
Word deur die wet verbied, tensy:
 Die toets wat gebruik word, se betroubaarheid wetenskaplik bewys is.
 Die toets regverdig op alle werknemers toegepas kan word
 Die toets wat gebruik word nie bevooroordeeld teenoor enige werknemer of
groep werknemers is nie
WET OP GELYKE INDIENSNEMING
(Nr. 55 van 1998)
 Link na die wet as dit teen daardie tyd beskikbaar is ????

similar documents