OP DIE WENPAD

Report
OP DIE WENPAD
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12
KWARTAAL 1
Onderwerp 1: Impak van onlangse
wetgewing op sakebedrywighede
– die reaksie op die behoefte vir
regstelling en gelykheid
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
(maak voorsiening vir vergoeding vir ongeskiktheid weens beroepsbeserings of siektes wat
werknemer in die uitvoering van hul dienspligte opgedoen het)
AARD van die WVBS:
•Hierdie wet vervang die vorige Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes.
•Die nuwe wet maak voorsiening vir meer breedvoerige vergoeding vir werknemers wat in die
uitvoering van hul pligte beseer word.
•Die wet maak voorsiening vir die instelling van ‘n Raad vir Vergoeding wat die Minister van
Arbeid moet adviseer m.b.t. die bepalings en toepassing van die wet.
•Werkgewers moet maandeliks bydrae tot die Vergoedingsfonds waaruit werknemers wat
beseer is in die werkplek, kan eis.
•Die bedrag van hierdie bydraes hang af van:
• Die hoeveelheid werknemers wat by die besigheid werk
• Hoe gevaarlik die bedryf is
• Die bedrag wat die werknemers as loon ontvang.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
DOEL van die WVBS:
•Maak voorsiening vir die vergoeding aan werknemers en hul families a.g.v.
werkongeskiktheid veroorsaak deur beroepsbeserings of –siektes opgedoen in die
werkplek of die dood van die werknemer a.g.v. hierdie beserings/siektes.
•Verskaf ook vergoeding vir afhanklikes van persone wat dood is a.g.v. siektes of
beserings wat aan diens opgedoen is.
•Werknemers wat beseer word of siektes opdoen in die werkplek, of naasbestaandes
van werknemers wat sterf a.g.v. beserings/siektes in die werkplek, kan vergoeding
eis van die Vergoedingsfonds.
•Die vergoeding word bepaal volgens die aard van die beserings wat tydelike
ongeskiktheid, permanente ongeskiktheid of dood veroorsaak het.
•Werknemers moet ‘n bona fide werknemer van die besigheid wees en die besering
moes veroorsaak wees a.g.v. ‘n ongelyk terwyl die werknemer besig was met die
uitvoering van normale pligte.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
DOEL van die WVBS:
•Hierdie wet is van toepassing op alle werknemers, insluitend tydelike en permanente
werknemers, uitgesonderd werknemers van die Suid Afrikaanse Weermag, SuidAfrikaanse Polisiediens, huisbediendes, kontrakwerknemers en werknemers wat
tydelik of permanent in die buiteland werk.
•Werknemers hoef nie te bewys dat die werkgewer nalatig was, om ‘n eis in te stel
nie.
•Werkgewers met meer as 20 werknemers moet een of meer gesondheid- en
veiligheidsverteenwoordigers aanwys na konsultasie met werknemers, terwyl die
nodige fasiliteite, hulp en opleiding soos nodig beskikbaar gestel moet word.
•Hierdie verteenwoordigers moet behalwe ander pligte aan hulle opgedra, die plek
waar die ongeluk plaasgevind het, besoek en enige formele ondersoek na die
ongeluk bywoon.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
DOEL van die WVBS:
•Werkgewers moet ook gesondheid- en veiligheidskomitees in die werkplek vestig en
moet gereeld met hierdie komitees vergader om gesondheid en veiligheid in di
ewerkplek te bevorder.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
VOORDELE:
NADELE:
Vestig ‘n administratiewe raamwerk vir die
hantering van eise.
Die verwerking van eise kan omslagtig en
tydrowend wees.
Hierdie tipe eise is tydrowend en duur om in
gewone siviele howe te besleg.
Papierwerk plaas ‘n administratiewe las op
ondernemings, soos byvoorbeeld die berekening
en betaling van bydraes tot die Vergoedingsfonds.
Die prosesse is relatief eenvoudig.
Ondernemings se verantwoordelikheid om eise
namens beseerde werknemers te hanteer.
Werknemers word beskerm deurdat hulle kan eis
vir mediese uitgawes na ‘n ongeluk of siektes
opgedoen in die werkplek.
Indien die werkgewer nie die voorgeskrewe
veiligheid- en gesondheidsmaatreëls soos
voorgeskryf in die wet nakom nie, kan die
werkgewer self verantwoordelik gehou word vir
die betaling van mediese uitgawes van
werknemers.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
VOORDELE:
NADELE:
Werkgewers word beskerm teen eise van
werknemers a.g.v. beserings en siektes opgedoen
in die werkplek omdat die werknemers van die
Vergoedingsfonds eis.
Sekere werknemers is uitgesluit van die wet.
Die feit dat werkgewers met meer as 20
werknemers ‘n gesondheid- en veiligheidskomitee
moet aanstel, asook een of meer gesondheid- en
veiligheidsverteenwoordigers en gereeld met hulle
moet vergader, verseker dat gesondheid- en
veiligheidsmaatreëls gereeld aandag geniet.
Die bydraes van werkgewers tot die
Vergoedingsfonds kan ‘n groot uitgawe word.
Werkgewers word verplig om veiligheid in die
werkplek te verseker.
Die proses en prosedures vir die instel van ‘n eis,
kan tydrowend wees.
Verantwoordelikhede vir beide die werknemer en
werkgewer rakende veiligheid en gesondheid in
die werkplek word in die wet omskryf.
‘n Werknemer kan eers eis van die fonds indien
hy/sy langer as 3 maande afwesig is a.g.v. ‘n
besering.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
VOORDELE:
Bied ‘n raamwerk vir aanvaarbare praktyke vir
veiligheid en gesondheid in die werkplek.
NADELE:
Vir die eerste 3 maande van afwesigheid, moet
die werkgewer die werknemer verged teen 75 %
van die werknemer se basiese besoldiging.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
IMPLIKASIES VIR KLEIN EN GROOT ONDERNEMINGS:
•Papierwerk plaas ‘n administratiewe las op die ondernemings.
•Alle werkgewers mot registreer by en besonderhede verskaf aan die
Vergoedingskommissaris.
•Werkgewers moet rekord hou van verdienste en ander besonderhede van
werkemers.
•Hierdie rekors moet vir vier jaar gehou word.
•Werkgewers moet opgawes van verdienste nie later nie as 1 Maart elke jaar, indien.
Opgawes word deur die Vergoedingskommissaris geassesseer en bydraes is
betaalbaar sodra die assessering voltooi is.
•Die fonds dek beroepsbeserings en –siektes – dit is dus nie nodig om addisionele
verskering hiervoor uit te neem nie.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
IMPLIKASIES VIR KLEIN EN GROOT ONDERNEMINGS:
• Voorvalle van dood, besering of siektes moet deur werkgewers aangemeld word.
•Werknemers kan van die fonds eis vir siektes of beserings opgedoen tydens:
• Werk
• Opleiding
• Vakleerlingskap
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
REGTE EN VERPLIGTINGE VAN DIE WVBS OP WERKGEWERS:
•Reguleer die wyse waarop beroepsbeserings en werkverwante siektes in di
ewerkplek hanteer moet word.
•Die rol. Pligte en verantwoordelikhede van die werkgewer is om te verseker dat die
werkplek veilig is.
•Werkgewers word vrygestel van eise m.b.t. beserings en siektes opgedoen in die
werkplek, mits die werkgewer toegesien het dat alle veiligheidsmaatreëls nagekom
word.
•Die werkgewer kan verantwoordelik gehou word vir eise vir beserings en siektes in
die werkplek indien die werkgewer nalatig was m.b.t. veiligheidsmaatreëls.
•Werkgewers moet registreer by die Kommissaris van die Vergoedingsfonds as ‘n
bydraer tot die fonds.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
REGTE EN VERPLIGTINGE VAN DIE WVBS OP WERKGEWERS:
•Rekords van tydperk van indiensneming van die individuele werknemers, sowel as
elke werker se loon, moet aaan die Kommissaris voorsien word. Daarvolgens bepaal
die Kommissaris hoeveel die werkgewer maandeliks aan die fonds moet oorbetaal.
•Die werkgewer moet binne 7 dae nadat die werknemer hom / haar in kennis gestel
het dat hy / sy van die fonds gaan eis, die Kommissaris in kennis stel daarvan en die
eis moet binne 12 maande na die besering deur die werkgewer by die fonds ingestel
word.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
REGTE EN VERPLIGTINGE VAN DIE WVBS OP WERKNEMERS:
•Werknemers moet te alle tye veiligheidsmaatreëls in die werkplek nakom en mag dus
nie nalatig wees nie.
•Werknemers het die reg om ‘n eis teen die Vergoedingsfonds in te stel vir verlies van
inkomste en mediese uitgawes indien die werknemer in di ewerkplek beseer of siek
raak a.g.v. werksomstandighede.
•Geen aftrekkings word van die werknemer se loon verhaal vir die fonds nie.
•Die werknemer moet di ewerkgewer so gou as moontlik na die besering in kennis stel
dat hy/sy van plan is om van die Vergoedingsfonds te eis.
•Die werknemer het die reg op ‘n vergoedingsbedrag afhangend van di eerstigheid
van die besering of siekte.
•Geen eis kan ingestel word wanneer die werknemer drie dae of minder afwesig is
a.g.v. ‘n besering. Spesiale betaalde verlof of siekverlof is van toepassing.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE
DAARAAN VOLDOEN NIE:
•Alle werkgewers moet by die Vergoedingskommissaris registreer.
•Werkgewers moet rekord hou van verdienste en ander besonderhede van
werknemers.
•Werkgewers moet opgawes van verdienste nie later nie as 1 Maart elke jaar, indien.
•Opgawes word deur die Vergoedingskommissaris geassesseer en bydraes is
betaalbaar sodra die assessering voltooi is.
•Die Kommissaris van die Vergoedingsfonds stel inspekteurs aan om te verseker dat
besighede aan die bepalings van die WVBS voldoen.
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN –SIEKTES
(NR 61 VAN 1997)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE
DAARAAN VOLDOEN NIE:
•Hierdie inspekteurs het spesiale magte m.b.t. gesondheid, veiligheid en insidente in
die werkplek.
•Voorvalle van dood, beserings of siektes moet deur werkgewers aangemeld word.
•Inspekteurs kan voorvalle ondersoek en die hoofinspekteur kan las dat ‘n ondersoek
gedoen word.
•Sekere oortredings van die wet kan strafregtelik vervolg word en is strafbaar met ‘n
boete of gevangenisstraf, of albei.
•Elke oortreding van die wet word op meriete hanteer. Boetes word opgelê indien
die werkgewer versuim om bydraes tot die fonds te maak of die Kommissaris in
kennis te stel binne die voorgeskrewe tydperk of die Kommissaris glad nie in kennis
stel van voorgenome eise nie.

similar documents