DIREKTE - EN INDIREKTE REDE

Report
DIREKTE EN
INDIREKTE
REDE
Dit is die direkte woorde van ‘n
persoon en die oorvertel daarvan
vir iemand anders
Me. J. van Zyl
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU:
1. ONTHOU DAT JY DIE WOORDE NET
IN DIREKTE EN INDIREKTE REDE
VERANDER - NIE IN LYDENDE EN
BEDRYWENDE VORM, OF ONTKENNING,
OF ENIGE ANDER TAALVORM NIE!
2. IN ‘N TOETS/EKSAMEN VERANDER
JY NIE DIE TYE NIE - AS DIE SIN
IN DIE TEENWOORDIGE TYD IS, BEHOU
JY DIT IN DIE TEENWOORDIGE TYD, ENSOVOORTS,
TENSY JY ANDERS GEVRA WORD.
3. IN DIE INDIREKTE REDE IS DAAR GEEN
LEESTEKENS (OOK NIE ‘N DUBBELPUNT) NIE.
PUNKTUASIE IN DIREKTE REDE
• STELSINNE
Sy het gesê: “Ek voel nie baie goed nie.”
“Ek voel nie baie goed nie,” het sy gesê.
“Ek,” het sy gesê, “voel nie baie goed nie.”
• VRAAGSINNE
Hy vra: “Wanneer kom jy terug?”
“Wanneer kom jy terug?” vra hy.
“Wanneer,” vra hy, “kom jy terug?”
• BEVELSINNE
Pa beveel: “Piet, sit nou dadelik stil!”
“Piet, sit nou dadelik stil!” beveel Pa.
“Piet,” beveel Pa, “sit nou dadelik stil!”
BAIE BELANGRIK ! !
JY GEBRUIK FEITLIK ELKE KEER
‘N VOEGWOORD AS JY VAN
DIREKTE NA INDIREKTE REDE
OORSKRYF:
Hy sê DAT hy moeg is.
Sy vra OF hy iets wil eet.
Pa beveel DAT hy moet stilbly.
Sy vra WAAROM haar broer laat is.
Sy wil weet WIE my gehelp het.
ELKE KEER AS JY ‘N VOEGWOORD GEBRUIK, MOET JY
OPLET NA DIE WOORDORDE DAARNA, AANGESIEN
HULLE GEWOONLIK IN GROEP 3 IS, WAT BETEKEN
DAT DIE WERKWOORDE NA DIE EINDE VAN DIE SIN
BEWEEG.
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
WOORDE WAT VERANDER
VAN DIREKTE NA INDIREKTE REDE
ek, jy, sy, hy, u
my, jou, haar, hom
ons, julle
vandag, vanoggend,
vanmiddag, vanaand
gister, gisteroggend,
gistermiddag, gisteraand
môre, môreoggend,
môremiddag, môreaand
gister
eergister
naaseergister
môre
oormôre
nou
gelede
hier, hiernatoe
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
hy of sy
sy, hy/syne, hare, syne
hulle
daardie dag, daardie oggend,
daardie middag, daardie aand
die vorige dag, die vorige oggend
die vorige middag, die vorige aand
die volgende dag, die volgende
oggend, die volgende middag, die
volgende aand
die vorige dag/die dag tevore
twee dae gelede/tevore
drie dae gelede/tevore
die volgende dag/die dag daarna
oor twee dae/twee dae later
toe
vantevore
daar, daarnatoe
VOORBEELDE:
•
•
•
•
•
•
•
Pa sê: “Ons het vanaand
regtig lekker hier gekuier!”
Ma vra: “Het jy gister
hierdie stuk gras gesny,
Piet?”
Die man sê: “My dokter het
eergister gesê dat hy nou op
vakansie moet gaan.”
Pa sê: “Soek jy die sleutels
hier rond, Anne!”
“Ons het gister draad gespan
om ons plaas,” het hy gesê.
Piet sê: “Dis my boek
waarin jy skryf, Jan!”
Ma vra: “Sal jy onthou om
oormôre hierdie boek saam
te bring, Piet?”
•
•
•
•
•
•
•
Pa sê dat hulle daardie aand
regtig lekker daar gekuier het.
Ma vra vir Piet of hy die vorige
dag daardie stuk gras gesny
het.
Die man sê dat sy dokter twee
dae gelede gesê het dat hy toe
op vakansie moet gaan.
Pa sê/beveel dat Anne die
sleutels daar rond moet soek.
Hy het gesê dat hulle die vorige dag
draad om hulle plaas gespan het.
Piet sê dat dit sy boek is waarin
Jan skryf.
Ma vra of Piet sal onthou om oor
twee dae daardie boek saam te
bring.
UITROEPE IN
DIREKTE EN INDIREKTE REDE
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
AG NEE! AI! AI TOG!
FOEI TOG! SIES TOG!
WAT! NOOIT! GOEISTE!
VERVLAKS! DEKSELS!
ASSEBLIEF!
DANKIE!
EINA! VERVLAKS!
WONDERLIK! HOERA!
MAGGIES! SJOE!
GMPF!
JA!
NEE!
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
•
TELEURGESTELD
SIMPATIEK
VERBAAS
ONTSTELD
BELEEFD
WAARDEREND
MET ‘N UITROEP VAN PYN
OPGEWONDE
BEÏNDRUK
ONGELOWIG
BEVESTIGEND
ONTKENNEND
UITROEPE IN INDIREKTE REDE
•
•
•
•
•
•
•
•
Hy vra: “Sies tog, het jy
seergekry?”
Hulle skree: “Hoera! Môre is
dit vakansie!”
“Gmpf, dink jy ek glo jou?”
vra Ma.
Sy sê: “Ja, ons bly al tien
jaar in Kaapstad.”
Pa vra: “Sal julle asseblief
julle voete afvee?”
“Allawêreld, dis darem ‘n
besonder mooi motor!” sê Pa.
Jan skree: “Eina! Die doring
het my seergemaak!”
Ma sê: “Dankie dat jy my
gehelp het, Susan.”
•
•
•
•
•
•
•
•
Hy vra met ‘n uitroep van
simpatie of hy seergekry het.
Hulle skree opgewonde dat dit die
volgende dag vakansie is.
Ma vra met ongeloof of hy dink
dat sy hom glo.
Sy sê bevestigend dat hulle al
tien jaar in Kaapstad bly.
Pa vra beleefd of hulle hulle
voete sal afvee.
Pa sê beïndruk dat dit darem ‘n
besonder mooi motor is.
Jan skree met ‘n uitroep van pyn
dat die doring hom seergemaak het.
Ma bedank Susan dat sy haar
gehelp het.
OEFENING: DIREKTE EN INDIREKTE REDE
•
•
•
•
•
•
•
Anne vra: “Gert, kan jy vir
my sê vir wie jy gister jou
fiets geleen het?”
Pa: “Jan, kom dadelik
hiernatoe en bring hierdie
boek saam!”
Francois het gesê: “Die son
skyn darem warm vandag!”
Ma: “Anne, was dadelik die
skottelgoed op!”
“Die motor,” vertel Piet,
“het op die draai omgeslaan.”
Pa: “Dankie vir al die
lemoene wat julle eergister
gebring het.”
Jack: “Het jy hoofpyn,
Jan?”
•
•
•
•
•
•
•
Anne vra vir Gert of hy vir
haar kan sê vir wie hy die
vorige dag sy fiets geleen het.
Pa beveel Jan om dadelik daarnatoe te kom en daardie boek
saam te bring.
Francois het gesê dat die son
daardie dag darem warm skyn.
Ma beveel Anne om dadelik die
skottelgoed op te was.
Piet vertel dat die motor op die
draai omgeslaan het.
Pa het hulle bedank vir al die
lemoene wat hulle twee dae
gelede gebring het.
Jack het vir Jan gevra of hy
hoofpyn het.

similar documents