Menslike impak op die omgewing

Report
Menslike impak op die omgewing
Wat bestudeer moet word:
• Wisselwerking tussen en interafhanklikheid
van die menslike impak en die omgewing
• Oorsake en gevolge van die menslike impak
op die omgewing ten opsigte van 5
omgewingskwessies in Suid-Afrika
• Huidige krisis vir menslike oorlewing
• Probleme wat opgelos moet word
Vyf omgewingskwessies
wat bestudeer moet word
Atmosfeer en
klimaatsverandering
Voedselsekuriteit
Beskikbaarheid en
kwaliteit van water
Menslike impak
op die omgewing
Verlies van biodiversiteit
Afvalverwydering
Konsepte en terme
1. Atmosfeer
o Die atmosfeer rondom die aarde bestaan uit ‘n mengsel van
baie verskillende gasse.
o Sommige gasse, ook genoem kweekhuisgasse, in die
atmosfeer soos bv. CO2, CH4 (metaan), N4, N2O (stikstofoksied)
en waterdamp kan hitte van die son vasvang.
o Dié vier gasse speel ‘n belangrike rol in die die aarde se
temperatuur.
2. Klimaat
o Klimaat verwys na die gemiddelde daaglikse weer oor ‘n
tydperk van omtrent 30 tot 50 jaar.
o Dit sluit in die fluktuasies, onder andere, van veranderlikes
soos daaglikse temperatuur, reënval, lugdruk, ens. in.
Konsepte en terme
3. Kweekhuiseffek – Svante Arrhenius gebruik die
term eerste
o Gasse in die atmosfeer absorbeer, reflekteer en
weerkaats sonenergie in die klimaatstelsel. Hou
aarde se temperatuur stabiel en hou lewe op
aarde in stand.
Konsepte en terme (vervolg)
4. Klimaatsveranderinge
o Verwys na langtermyn veranderinge in klimaat.
o Verwys gewoonlik ook na beduidende en blywende
veranderinge in langterm weerpatrone in ‘n spesifieke
streek of regoor die hele aarde.
o Klimaatsveranderinge beskryf veranderinge in daaglikse
weerpatrone oor 30 tot 50 jaar wat onder andere die
volgende veranderlikes insluit, reënval, daaglikse
temperatuur, en lugdruk.
o Om waarneming van klimaatsveranderinge te bevestig,
vereis waarneming van verskeie jare se data, bv.
veranderinge in reënval, temperatuur, ens. oor die
laaste 30 jaar.
Konsepte en terme
5. Aardverwarming
o Verwys na ‘n toename in die Aarde se
temperatuur, en is slegs een aspek van
klimaatsverandering.
Atmosfeer en klimaatsverandering
Kweekhuisgasse in die atmosfeer soos bv. CO2, CH4 (metaan),
N4 , N2O (stikstofoksied) en waterdamp kan hitte van die son
vasvang op dieselfde manier as die mure van ‘n kweekhuis.
Die glas van die mure van die kweekhuis laat sonenergie deur
en hou die hitte binne die kweekhuis. Die gasse vang die
sonenergie vas en verhit die kweekhuis.
Daarom word hulle
kweekhuisgasse genoem.
Koolstofdioksiedvrystelling oor tyd
• Die toename van die vrystelling van CO2 vanaf 1880
tot 2000 kan duidelik waargeneem word.
• Tesame hiermee kan die toename in globale
temperatuur ook waargeneem word.
Wat veroorsaak die verhoogde vrystelling van CO2?
Sedert 1950 het die vlak van vrystelling van koolstofdioksied skerp
gestyg. Die begin van die Industriële Revolusie het dit veroorsaak.
Grootskaalse veranderinge in mynbou, landbou, vervoer en
tegnologie en vervaardiging het plaas gevind.
1. CO2 word vrygestel weens die verbranding van fossielbrandstof
(steenkool, petrol, paraffien en diesel) in:
– Huishoudings (elektrisiteit, verbranding van hout en
steenkool), en
– in voertuie en industrieë (kragsentrales, fabrieke, ens.)
2. Die vrystelling van gasse (CH4 en CO2) van afvalterreine en
rioolwerke
3. Boederybedrywighede (plaasimplemente en -masjienerie) laat
ook koolstofdioksiedgasse vry
Gevolge van die verhoogde vrystelling
van CO2 in die atmosfeer
Die aarde word al hoe warmer as gevolg van die
uitermate hoë koolstofdioksied vrystelling
sedert 1950. Koolstofdioksied vang die energie
van die son vas en verhit die aarde. Sien grafiek.
Verdere gevolge van verhoogde
vrystelling van CO2 in die atmosfeer
Aardverwarming kan tot klimaatsveranderinge lei
wat die volgende tot gevolg kan hê:
• Meer ekstreme weerpatrone, toename in vloede
en droogtes
• Verminderde landbou opbrengstes,
• Smelt van noord- en suid-pole se ysgletsers.
Styging van oseaanvlakke
• Uitsterf van dier- en plantspesies wat nie kan
oorleef by die vinnige klimaatsveranderinge nie
Koolstofvoetspoor
Koolstofvoetspoor
Is die hoeveelheid koolstof (gewoonlik uitgedruk
in ton) wat as CO2 in die atmosfeer vrygestel
word deur menslike aktiwiteite.
Dit word gebruik om te bepaal hoe volhoubaar
‘n lewenswyse of ‘n land is. Dit word gewoonlik vir ‘n jaar bereken. Elke persoon, organisasie,
industrie, streek, land of vasteland het ‘n
koolstofvoetspoor
Koolstofvoetspoor van enkele groepe
Tipe
Koolstofbehoeftiges
Koolstofbespaarders
Koolstofvrate
Profiel / kenmerke
Geen motor, stap, ry fiets, huis gebou van
natuurlike materiaal, geen elektrisiteit, kweek
self meeste voedsel, kook en verwarming met
hout
Klein motor, reis ± 9 000 km, klein huis/
woonstel, gebruik elektrisiteit spaarsamig,
songeiser, herwin, eet plaaslike onverwerkte kos,
gebruik verbruikersprodukte en –dienste
oordeelkundig
Groot motor, reis ±25 000 km, groot huis en
tuin, geen energiebesparende toestelle,
plaaslike en oorsese reise per vliegtuig, eet groot
hoeveelheid verwerkte kosse, jongste
elektroniese en tegnologiese toestelle, produkte
en dienste
Voetspoor
( ton / jaar)
0 – 0,2
5–8
30
Hoe kan die koolstofvoetspoor
van ons land verklein word?
Verwys na
• Individue (my eie voetspoor)
• Huishoudings
• Skole
• Regering
Ontbossing
Ontbossing
Is wanneer woude afgekap of verbrand word.
Woude (bome en woudplante) is noodsaaklik vir
die verwydering van groot hoeveelhede CO2 uit
die atmosfeer vir die fotosinteseproses. Word
‘koolstof-sinkgate’ genoem.
Dit help ook om ‘n doeltreffende koolstofsiklus
in stand te hou.
Hoekom vind ontbossing plaas?
• Grond gebruik vir landbou.
• Oes van brandhout
• Bome gebruik vir boumateriaal, maak van
meubels en ornamente
• Bome afgekap om houtskool te maak
• Toenemende frekwensie van bosbrande
• Nywerheidsplantasies van uitheemse dennebome vir die produksie van timmerhout en
papier. Groei vinnig en regop.
Gevolge van ontbossing
• Inheemse woudekostelsels word erg
benadeel. Verlies van biodiversiteit.
• Ontbossing is vir omtrent 20% van alle
kweekhuisgas-vrystelling
verantwoordelik.
Metaangas-vrystelling
• Metaan is ‘n kleurlose, reuklose gas afgegee deur
organiese materiaal wat fermenteer.
• Metaangas as produk van natuurlike ontbinding
van organiese materie in vleilande of klam
woudvloere is deel van die natuurlike
koolstofsiklus.
• Sodra dit vanaf verrottende munisipale
stortingsterreine, groot beesplase, rioolwerke,
mynbou, nywerheidsprosesse vrygestel word,
dan raak dit gevaarlike kweekhuisgasse.
Osoonuitputting
• Osoonlaag is noodsaaklik vir alle lewe
omdat dit die skadelike ultravioletstrale
van sonlig absorbeer voordat dit die aarde
bereik.
• Waar die osoonlaag dun raak of verdwyn,
bereik hierdie UV-strale wel die aarde en
beskadig dit plant- en dierweefsel.
Oorsake van osoonlaag
• Osoonlaag word uitgedun of
vernietig deur besoedelstowwe
soos, chloorfluoorkoolstowwe
(CFK’s) en hidrofluoorkoolstowwe
(HFK’s).
Gevolge van Osoonlaaguitputting
• UV-strale kan mutasies in die DNS van
plante, diere en mikroörganismes
veroorsaak.
• Mense kan velkanker, katarakte en swakte
immuunstelsel ontwikkel.
• Mariene ekostelsels raak ontwrig omdat
organismes dood gaan.
• UV-B strale ontwrig die fotosinteseproses
wat oesopbrengste kan laat afneem.
Beskikbaarheid van water
Tans benodig SA 50% meer vars water as 50 jaar
gelede. Redes ...
• vinnige toename in ons bevolking
• al meer landbou-besproeiingstelsels
• dalende jaarlikse reënval in party streke
• toename in nywerheids- en maatskaplike
ontwikkeling
• koste van water
Oplossings
• Bou van opgaardamme
• Instandhouding van vleilande
Kwaliteit van water
Watergehalte word bepaal deur die volgende:
• Huishoudelike waterbesoedelstowwe
• Industriële afval in riviere en damme
• Landbou-afval soos oormatige kunsmis
• Myne – verskeie afvalprodukte
• Menslike afval in riviere veroorsaak siektes
Oplossing
• Watersuiweringsaanleg en herwinning
Voedselsekerheid
Verwys na ‘n land se vermoë om fisiese en
ekonomiese toegang tot genoeg veilige en
voedsame voedsel te verskaf
Oorsake
• Menslike bevolkingsgroei
• Klimaatsveranderings, droogtes en vloede
• Swak boerderypraktyke
• Geneties gemodifiseerde voedsel
• Produksiekoste
• Vermorsing
Oplossings
• Bevolkingsgroei vertraag
• Armoede verminder – werkskepping
• Volhoubare landbouontwikkeling
• Kweek van eie kos – groente tuine

similar documents