Op die wenpad

Report
Besigheidstudies Graad 12
Onderwerp 1: Impak van onlangse wetgewing op
sakebedrywighede – die reaksie op die behoefte
vir regstelling en gelykheid
(werkers kan by wyse van kollektiewe bedinging deur vakbonde hul
werkstoestande en vir hoër lone onderhandel)
AARD van WAV:
 Alle verhoudings is ingewikkeld, maar uit ‘n besigheid se perspektief is dit nog
meer so omdat dit individue, groepe en die staat insluit.
 Die partye betrokke in arbeidsverhoudinge is primêr die werkgewer en
werknemer, asook die regering wat ‘n wetlike raamwerk voorsien waarbinne die
verhoudinge uitgevoer moet word, werkgewerorganisasies wat namens
werkgewers optree en vakbonde wat namens werknemers optree.
 Die hantering van verhoudinge kan deur die menslike-hulpbronbeamptes in die
besigheid gedoen word, mits hulle ‘n grondige kennis het van die relevante
wetgewing.
 Meer komplekse verhoudingsprobleme sal wetlike kundigheid van buite die
besigheid vereis
AARD van WAV:
 Voor 1994 was arbeidswetgewing slegs deur die regering ingestel. Na 1994 word
dit vir bespreking deur die regering voorgelê aan georganiseerde arbeid
(vakbonde) en georganiseerde besigheid (werkgewerorganisasies).
 Die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge is in 2013 deur die Parlement aanvaar.
 Hierdie Wet het onder meer te doen met kontrakwerkers, arbeidsmakelaars en stakings.
 Die wet versterk tesame met die WAV, die beskerming van tydelike werkers.
DOEL van WAV:
 Om voorsiening te maak vir kollektiewe bedinging, bv. tydens loongeskille.
 Om voorsiening te maak vir die oplos van arbeidsdispute, soos bv. onbillike ontslag.
 Om voorsiening te maak vir vakbonde en om die rol van vakbonde uiteen te sit.
 Om die reg om te staak en die reg tot uitsluiting in ooreenstemming met die Grondwet
te reguleer.
 Om deelname in besluitneming deur die stigting van werkplekforums te bevorder.
 Om eenvoudige prosedures vir die skikking van arbeidsdispute te voorsien, d.m.v.
versoening, mediasie, arbitrasie, en onafhanklike alternatiewe
dispuutoplossingsdienste.
 Om ‘n vereenvoudige procedure vir die registrasie van vakbonde en
werknemersorganisasies te voorsien.
 Om die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof as hoër howe daar te stel.
DOEL van WAV:
 Voorsien ‘n raamwerk vir arbeidsverwante aspekte vir werkgewers, werknemers,
werkgewersorganisasies en vakbonde.
 Reguleer die fundamentele rege van werknemers en werkgewers.
 Om ‘n bydrae te maak tot die bevordering van ekonomiese ontwikkeling,
arbeidsvrede, demokratiese werksomgewing en sosiale geregtigheid.
 Die wet maak onder andere voorsiening dat werknemers vakbonde / verenigings
kan stig of aan ‘n vakbond kan behoort om hul belange te beskerm, asook vir
kollektiewe bedinging en werkplekforums.
 Werkgewers kan werkgewerorganisasies stig of by sulke organisasies aansluit, bv.
die Landbouwerkgewersorganisasie.
 Regulasies is in die WAV ingebou om te verseker dat hierdie organisasies
demokraties optree en behoorlike finansiële kontrole uitoefen.
DOEL van WAV:
 Verskeie strukture is deur die wet geskep vir hantering van geskille tussen
werknemers en werkgewers, soos bv. statutêre rade, twee howe (Arbeidshof en
Arbeidsappèlhof), asook die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
(KVBA) / (“CCMA”)
 KVBA / (“CCMA”):
 Vir die beslegting van individuele dispute wat nie in die werkplek opgelos kan word nie.
 Het streekskommisarisse wat verantwoordelik is vir die bevordering van ‘n ooreenkoms
tussen twee strydende partye (werkgewer en werknemer) deur:
 Versoening (help die partye om self ‘n oplossing te vind)
 Bemiddeling (help die partye om ‘n oplossing te vind deur ‘n skikkingsvoorstel aan die hand te
doen)
 Arbitrasie (hoor albei partye aan en gee dan ‘n bindende beslissing)
 Indien hierdie proses onsuksesvol is, word die dispuut na die Arbeidshof verwys.
DOEL van WAV:
 Die wet maak voorsiening dat werknemers wettig kan staak op sekere
voorwaardes indien onderhandelings tussen vakbondverteenwoordigers en
werkgewers nie sukselsvol is nie.
 Werkgewers het ook die reg om werknemers uit te sluit uit die werkplek.
 Die WAV voorsien ‘n raamwerk vir vakbonde en werkgewersorganisasies ten
opsigte van:
 Beoefening van kollektiewe bedinging.
 Bepaling van regverdige voorwaardes vir indiensneming.
 Formulering van ‘n besigheidsbeleid.
 Deelname in besigheid besluitneming.
 Verstaan die gevolge van die nie-nakoming van beloftes.
 Die verstaan van wat regverdige arbeidspraktyk is.
DOEL van WAV:
 Die wet se bepalings sluit ook die regte en verpligtinge van werknemers, vakbonde,
werkgewers en werkgewersorganisasies in, naamlik:
 Vryheid van assosiasie (werknemers mag aan ‘n vakbond van hul eie keuse behoort en






werkgewers het die reg om ‘n werkgewersorganisasie te stig of hulle by een aan te sluit )
Kollektiewe bedinging
Stakingsprosedures, uitsluitings en ander vorme van arbeidsoptrede.
Werkplekforums (komitees bestaande uit werknemers wat gereeld met werkgewers ontmoet
om kwessies in die werksplek te bespreek)
Vakbonde (het die reg tot toegang tot die werkplek vir ledewerwing) en
werkgewersorganisasies
Strukture en prosedures vir dispuutoplossings
Onbillike ontslag
 Die afdanking hou verband met die werknemer se swangerskap
 Die werknemer het aan ‘n wettige staking deelgeneem
 Die afdanking hou verband met die werknemer se ouderdom, geslag, taal of politieke oortuigings
 Die werknemer weier om ‘n ander stakende werknemer se werk te doen
VOORDELE
NADELE
Verskaf ‘n wetgewende raamwerk vir
werkgewers om onhanteerbare werkers af te
dank.
Moontlike negatiewe impak op die spoed
waarteen bestuurders besluite neem.
Vergemaklik kommunikasie tussen
belanghebbendes bestuur, werknemers en
vakbonde.
Moontlike negatiewe impak op die
mededingendheid van Suid-Afrikaanse
werkers teenoor werkers van ander lande.
Verskaf forums vir konflikoplossing tussen
hierdie groepe.
Kan werkloosheid verhoog.
Beskerm voordele vir beide die werkgewer
en werknemer deur die betrokkenheid in
werkplekprosesse en –prosedures.
Dra by tot inflasie en verhoog die koste van
produkte en dienste.
Bevorder regverdige indiensneming- en
uitdiensstellingspraktyke.
Die WAV maak voorsiening vir vakbonde en
gee aan hulle onderhandelingsmagte, maar
nie alle vakbonde stel die belange van hul
lede eerste nie.
VOORDELE
NADELE
Implementering van kodes vir goeie
besigheidspraktyk.
Vakbonde misbruik die reg wat aan hulle
gegee word.
Verskaf ‘n raamwerk vir werkgewers,
vakbonde en werknemers tydens kollektiewe
bedinging m.b.t. salarisse, terme en
voorwaardes vir indiensneming en ander
sake van gemeenskaplike belang.
Baie werknemers gebruik die reg om te staak,
sonder om hul verantwoordelikhede in die
verband na te kom.
Vorm ‘n wettige raamwerk vir alle
werkgewers en werknemers.
Stakings ontwrig die besigheid en lei tot ‘n
afname in die besigheid se produktiwiteit.
Bevorder en erken die regte en
verantwoordelikehede van werkgewers en
werknemers.
Arbeidsgeskille en onderhandelingsprosesse
kan destruktief wees en is tydrowend.
Bevorder regverdige besigheidspraktyke.
Werknemers en vakbonde wend hulle te
maklik tot stakings om werkgewers te
oorreed om aan hul eise toe te gee.
VOORDELE
Erken die regte en verantwoordelikhede van
vakbonde en bevorder ordelike kollektiewe
bedinging en effektiewe oplossing van
arbeidsgeskille.
Bevorder geleenthede vir en moeding
werknemers aan om deel te neem in
besluitneming in die besigheid.
NADELE
IMPLIKASIES VIR ONDERNEMINGS:
 Ondernemings kan sukkel om die adminsitratiewe las en papierwerk te hanteer.
 Minder bestuurstyd oor om regulering te hanteer.
 Lei tot hoër arbeidskoste – nie alle ondernemings is in staat om addisionele




werknemers aan te stel nie.
Indiensneming word deur stygende arbeidskoste belemmer.
Werknemers het die reg om by ‘n vakbond aan te sluit en aan die vakbond se
bedrywighede deel te neem (vryheid van assosiasie)
Daar is ‘n doeltreffende en gratis opsie in die vorm van die KVBA en Departement
van Arbeid vir werknemers beskikbaar, maar wanneer ‘n besigheid by die proses
van dispuutbeslegting betrokke raak, is daar ‘n groot risiko van finansiële koste
(regskoste, KVBA-fooie en selfs boetes) en / of selfs tronkstraf.
Onlangse voorbeeld: Stakings by die myne
REGTE VAN BESIGHEDE EN WERKNEMERS:
 Vryheid van assosiasie
 Werkgewers mag werkgewersorganisasies stig of by ‘n bestaande een van hul keuse
aansluit en deelneem aan hul aktiwiteite.
 Net so mag werknemers vakbonde stig of by ‘n bestaande een in die betrokke sektor
aansluit en deelneem aan hul aktiwiteite.
 Vakbonde mag die werkgewer die reg gee om vakbondlede se ledegeld van die
werknemer se salaris af te trek.
 Reg tot toegang in die werkplek deur vakbondverteenwoordigers
 Vakbonde het die reg tot toegang tot die werksplek maar hulle mag ne inmeng met die
bedryf van die besigheid nie.
 Ledewerwing en vergaderings kan in die werkplek gehou word na werksure.
REGTE VAN BESIGHEDE EN WERKNEMERS:
 Werknemers kan ‘n werkplekforum stig, indien daar meer as 100 werkers in die
werkplek is
 Werknemers het die reg om deel te neem aan besluitneming in die besigheid as
deel van kollektiewe bedinging oor sake wat die regte van werkers raak.
 Werkgewers het die reg om werkers regverdig uit diens te stel indien die
voorgeskrewe prosedures in die WAV gevolg is.
 Bedingings- en statutêre rade:
 ‘n Groot deel van die WAV fokus op kollektiewe bedinging.
 Verskillende werkgewerorganisasies en vakbonde het die reg om onderskeidelik ‘n
bedingingsraad vorm.
 Hierdie rade moet arbeidsdispute hanteer.
REGTE VAN BESIGHEDE EN WERKNEMERS:
 Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) / (“CCMA”)
 ‘n Onafhanklike Kommissie wat arbeidsgeskille tussen werkgewers en werknemers hanteer.
 Werknemers en werkgewers het die reg om arbeidsgeskille wat nie intern opgelos kan word
nie, na die KVBA te verwys.
 Die KVBA mag ongopgeloste geskille na die Arbeidshof verwys en indien die betrokke
persone nog nie tevrede is met die uitslag van die hof nie, kan dit na die Arbeidsappèlhof
verwys word.
 Stakings en uitsluiting
 Werkgewers mag werknemers uitsluit tydens stakings en werknemers mag staak indien die
staking voldoen aan wetlike prosedures.
 Die WAV gee die reg aan werknemers om te staak as middle om arbeidsgreiwe op te los.
Werkers wat noodsaaklike dienste lewer mag egter nie staak nie.
 Stakings kan wees in die vorm van formele stakings, protesoptogte en sloerstakings.
REGTE VAN BESIGHEDE EN WERKNEMERS:
 Die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge het die volgende implikasies vir
werkgewers:
 Tydelike werkers met ‘n vastetermynkontrak mag nie vir langer as drie maande in diens
geneem word nie, tensy die werkgewer dit kan regverdig.
 Waar ‘n werknemer met ‘n vastetermynkontrak wel vir langer as drie maande in diens
geneem word, mag hy / sy nie anders behandel word as ‘n permanente werker wat
dieselfde of soortgelyke werk verrig nie, tensy daar ‘n regverdige rede daarvoor is.
 Dit beteken dat so ‘n werker wat dieselfde opleiding en ondervinding as ‘n permanente
werker het, in aanmerking moet kom vir mediese byvoordele, behuising,
pensioenvoordele en dieslefde reg om vir ‘n vakante pos aansoek te doen.
REGTE VAN BESIGHEDE EN WERKNEMERS:
 Die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge het die volgende implikasies vir
werkgewers:
 Vastetermynkontrakte word veral vir die volgende gebruik:
 Seisoenwerk
 Waar ‘n werker ‘n ander vervang wat tydelik afwesing is
 Werkers benodig word omdat die werkslading tydelik toeneem
 Waar werkers aangestel word vir spesifieke projekte met beperkte tydsduur
NAKOMINGS VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID
NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Die Wet op Arbeidsverhoudinge is van toepassing op:
 Alle werkgewers
 Alle werknemers
 Alle vakbonde
 Alle werkgewersorganisasies
 Die Wet op Arbeidsverhoudinge is nie van toepassing op die volgende instellings
nie:
 Die Nasionale Weermag
 Nasionale Intelligensiediens
 Suid-Afrikaanse Geheimediens
NAKOMINGS VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID
NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Werkgewers en werknemers moet die bepalings van die WAV nakom.
 Indien nie, sal ‘n dispuut-oplossingsproses gevolg moet word wat soos volg lyk:
Interne
oplossing
KVBA /
Bedingings
-rade
Arbeidshof
Arbeidappèlhof
NAKOMINGS VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID
NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
 Boetes soos bepaal deur die Minsister van Arbeid kan opgelê word indien
werkgewers / werknemers hulle skuldig maak aan die oortreding van die WAV se
bepalings.
 Hierdie dra by tot gelykheid en regverdige behandeling in die werkplek.
 Meganismes is in die wet ingebou om op te tree indien konflik in die werkplek
ontstaan a.g.v. diskriminasie.
 Werkgewers wat nie die wet nakom wanneer werknemers ontslaan word nie, kan
gedwing word om vergoeding vir onbillike ontslag te betaal.
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Vakbonde:
 ‘n Werknemerorganisasie met die doel om verhoudinge tussen die werkgewer en
die werknemer, d.m.v. kollektiewe bedinging, te reguleer.
 Die rolle en funksies van vakbonde sluit in:
 Verbeter werksomstandighede en –voorwaardes van indiensneming
 Verbeter werknemers se deelname aan besluitnemingsprosedures
 Verseker dat werkers regverdig en billik behandel word in die werkplek
 Streef om te verseker dat werkers ‘n billike deel van die welvaart, wat deur die




onderneming gegenereer word, sal kry
Probeer om maatskaplike sekuriteit te verbeter
Verkry groter beheer oor die bestuur van arbeidsverhoudinge
Los griewe en dispute in die werksplek op
Probeer om afleggings te verhoed
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Stakings:
 Stakings vind plaas wanneer werkers weier om te werk
 Lone, werksure en werksomstandighede is die mees algemene redes vir stakings.
 Daar bestaan verskillende tipes stakings, soos bv.
Tipe staking:
Sloerstaking
Simpatiestaking
Beskrywing:
Werknemers daag op vir werk, maar werk baie stadiger en vervaardig
heelwat minder goedere as gewoonlik.
Lede van ander vakbonde, wat nie in ‘n geskil met hulle werkgewer
gewikkel is nie, sluit by die staking aan uit ondersteuning vir die
werknemers wat wel in ‘n geskil betrokke is.
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Stakings:
Tipe staking:
Sitstaking
Beskrywing:
Werknemers daag op by die werk, maar weier om enige werk te doen
Wildcat-staking Onwettig – vind plaas sonder enige waarskuwing.
Stiptheidstaking Werkers veroorsaak ‘n afname in produksie deur net die minimum te
doen.
Uitsluiting
Werkenemrs word deur hulle werkgewer uitgesluit en toegang tot die
werksplek geweier.
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Kollektiewe bedinging:
 Kollektiewe bedinging is ‘n proses waar werkgewer- en werknemerorganisasies en
vakbonde met mekaar onderhandel om ‘n ooreenkoms oor botsende behoeftes, belange
en doelwitte te bereik.
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Onbillike ontslag / afdanking:
 Werknemers word gewoonlik nie afgedank vir ‘n eerste oortreding nie, tensy die
oortreding baie ernstig was, bv. ernstige oneerlikheid, bedrog, aanranding.
 Die werkgewer moet ondersoek instel om vas te stel of daar genoegsame redes vir
afdanking is.
 Die werkgewer moet die werknemer in kennis stel van die bewerings teen die
werknemer.
 Die werknemer moet:
 Toegelaat word om op die bewerings te reageer.
 Genoeg tyd gegun word om op die bewerings te reageer.
 Toegelaat word om deur die werknemer se vakbondverteenwoordiger / kollega / regsadviseur
verteenwoordig te word.
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Onbillike ontslag / afdanking:
 Sodra die ondersoek voltooi is, moet die werkgewer die werknemer verkieslik skriftelik
in kennis stel van die besluit wat geneem is.
 As die werknemer afgedank word, moet die werkgewer die redes vir die afdanking aan
hom / haar verstrek en die person herinner dat hy / sy die saak verder kan neem, bv na
die KBVA.
 Daar is slegs 3 geldige redes vir afdanking:
 Wangedrag deur die werknemer
 Onvermoë van die werknemer om sy / haar werk te doen
 Bedryfsvereistes van die onderneming (afleggings)
VAKBONDE, STAKINGS, KOLLEKTIEWE BEDINGING EN ONBILLIKE ONTSLAG:
 Onbillike ontslag / afdanking:
Afdanking is billik as:
Afdanking is onbillik as:
Die dissiplinêre verhoorproses regverdig is.
Daar teen die werknemer gediskrimineer is.
Die rede vir afdanking regverdig is.
Die werknemer swanger is, of van plan is om
swanger te raak.
Die werknemer aan ‘n staking deelgeneem het, of
van plan is om aan ‘n staking deel te neem.
‘n Werker gedwing is om ‘n eis te aanvaar.
Die werkgewer nie die werknemer se verkeerde
gedrag kan bewys nie.
Die werkgewer nie kan bewys dat die
afdankingsprosedure regverdig was nie.
 Wette\Act 66 of 1995 Labour Relations Act.pdf

similar documents