PPT dokument

Report
Feeste in die Ou Testament,
en hul invloed in die NuweTestamentiese tyd
Louis Jonker
BYBELNAGTE 2011
Eers ‘n stukkie nostalgie ….
Bybelnagte 2001!!
Tien jaar later: Rede om fees te
vier … die fees van God se
genade!
Ter inleiding (1)
Feeste en die heiligheid van God
Ou Israel het die werklikheid (in terme van
plek en tyd) verstaan as uitkringende sfere
van heiligheid
God vorm die sentrum (allerheiligste in
tempel; offer van pasgalam)
Werklikheid daarrondom word volgens
hierdie sfere georganiseer (vgl rituele)
Ter inleiding (2)
Feeste en die lewe
Feeste vorm hartklop / lewensritme van die
lewe voor God se aangesig (ritmiese /
gereelde viering)
Feeste verbind die groot dade van God in
die verlede met die ervaring van die hede,
en die hoop vir die toekoms
Feeste weerspieël iets van die tydloosheid
van God se teenwoordigheid / begeleiding
OT voorskrifte vir feeste
Levitikus 23
Deuteronomium 16
Feeste en Feesrolle
Joodse
maand
Moderne
maand
Feesgeleentheid
Feesrol
Nisan
Maart-April
Paasfees
Fees van ongesuurde brode
Hooglied
Siwan
Mei-Junie
Pinksterfees/Fees vd
Weke/Oesfees
Rut
Ab
Julie-Augustus
Herdenking van die val van
Jerusalem
Klaagliedere
Tisjri
SeptemberOktober
Versoendag (Yom Kippur)
Loofhuttefees
--Prediker
Adar
Februarie-Maart Purim
Ester
Betekenis van feeste
Fees
Feesrol
Betekenis
Paasfees
Hooglied
Fees van ongesuurde
brode
Pinksterfees (Oesfees):
offerandes van eerste
brode gebak uit koring van
die oes
Die uittog as simbool van die verhouding tussen God en
Israel uitgedruk in beelde van liefde en die huwelik.
Rut
Sorg vir die weduwee, wees, armes en vreemdes.
Herdenking van die
verwoesting van die tempel
Klaagliedere
Die geloof in die oninneembaarheid van Jerusalem en die
tempel word verpletter in 586 vC toe die Babiloniese
ballingskap begin het en alles in ruïnes agtergelaat is. Die
profete se waarskuwings word bewaarheid - die gewone
mense word verbyster agtergelaat.
Loofhuttefees
Prediker
Ten spyte van teleurstelling en swaarkry word dank en lof aan
God toegebring as die Gewer van alles, vir beskerming
gedurende die woestyntog en sy seën op hulle harde werk op
die lande. 'n Vreugdevolle fees.
Ester
Die wonderbare uitredding van die Jode uit die hand van
Haman deur 'n plan wat beraam is deur Mordegai en Ester.
Die gemeente roep wraaksugtige uitroepe teen die "vyand"
uit. Dit is bykans geen godsdienstige fees nie.
Fees van insameling
(verbind met woestyntog en
oestyd)
Purimfees
Pasgafees
lentefees (Abib / Nisan = Maart)
Nuwejaarsfees of pastorale nomadefees?
lam (en ander diere?) as offerdier
in familieverband gevier
reeds vroeg met godsdienstige inhoud
gevul: verbind met uittog uit Egipte (Ex 12)
ongesuurde brode herinner aan haas van
uittog (bevryding)
Mazzotfees (ongesuurde brode)
ook lentefees (7 dae)
landboufees (met graanoffers van eerste
oeste)
oorsprong waarskynlik onder inheemse
inwoners van Kanaan
Verdere ontwikkeling
 op redelik vroeë stadium reeds word twee feeste
saamgevoeg
 waarskynlike redes: na intog 'n oorgang van
pastoralisme na landbou; lentefees; ongesuurde brode
 pasgaritueel vorm begin van nuwe fees, met
voortsetting vir 7 dae met rituele van die mazzotfees
 in koningstyd (na Salomo) verskuif fees vanuit
familieverband na tempel
 familiefees word algaande prominente fees in Israel se
godsdiens
 latere gebruike integreer uiteenlopende wetgewing van
Pentateug (vgl Kronieke se weergawe van Josia se
pasga)
Ballingskapstyd en daarna
 bevrydingstema maak fees baie meer prominent
 vier Paasfees met terugkeer in Jerusalem na ballingskap
(Esra 6:19-22)
 tempelamptenary begin prominenter rol speel - word
terrein waarop magstryd tussen priesters en Leviete
afspeel
 in Persiese tyd help Paasfees om nuwe identiteit te vestig
 hoofsaaklik in Jerusalem in 2de tempel gevier, maar ook
elders (bv. Elefantine)
 tot 70nC in Jerusalem in tempel gevier
 Samaritane gaan voort daarmee (tot vandag toe) om lam
te offer teen die hange van Berg Gerisim naby Samaria
Paasfees: Van toeka tot vandag
word weer huisritueel in familieverband
vaste liturgie (met voorlesing van Hallelpsalms)
vgl moderne Jodendom: belangrikste fees
voortgaande betekenis: bevryding van
sosiale diskriminasie, verkryging van
godsdiensvryheid ens.
Pinksterfees
aan die einde van die oestyd (50 dae ná
die begin van die oes - dws 50 dae na
Paasfees)
twee brode en ander offers as simbole van
eer wat aan die Here gegee word (vgl.
Deut. 8:10-18)
Gebruike in die NT tyd
alle manlike Israeliete moes in NT tyd drie
maal per jaar na Jerusalem optrek: Pasga,
Pinkster (Weke), Loofhuttefees
vaste ritueel van voorbereidings en viering
(vgl. Mark. 14:12-16 en par.)
behalwe lam, bitter kruie en ongesuurde
brood, speel wyn (vier rituele bekers) ook
belangrike rol
Pasga as konteks vir hele aantal
NT verhale
Jesus as kind in die tempel (Luk. 2:41vv.)
Vermeerdering van brood (Joh. 6:1vv.)
Jesus se gevangeneming, veroordeling en
kruisiging
Marteling van Jakobus (Hand. 12:1vv.)
NT identifikasie met elemente van
Pasga
Jesus as paaslam (1 Kor. 5:7; 1 Petr. 1:19;
Joh. 1:29; Joh. 19:36)
Koninkryk van God as vervulling van pasga
(Joh. 12:16)
gelowiges as ongesuurde deeg (1 Kor. 5:78)
Jesus bring pasga in vervulling
 oudste getuienis: 1 Kor. 11:23-26
 sinoptiese evangelies: Matt. 26:17-30 || Mark.
14:12-25 || Luk. 22:7-23
 nog 'n weergawe: Joh. 13 (tot 17)
 was laaste avondmaal wel pasgamaal? (vgl. Mk.
14:12vv. met Joh. 18:28)
 vroeë kerk: viering gevul met eskatologiese
verwagting
 sterk aansluiting by verlossings- en vryheidstema
 verbinding met kruisiging, sowel as opstanding van
Jesus Christus
Christus se nalatenskap
gemodelleer volgens OT feeste
Paasfees > Opstanding
40 dae
Hemelvaart
10 dae
Pinksterfees > Uitstorting van Gees
(“pentakoste”)
Ons volg steeds OT feeskalender ….!
Ter afsluiting
Feeste van God se nabyheid, versorging,
redding, genade
Verbind tyd en ewigheid
Dankie

similar documents