MIS - Reza de Wet 2012

Report
MIS
Reza de Wet
Saamgestel deur:
C. du Preez
2012
’n Kykie na:
 die monoloog as vertelstyl
 die magiese element
 die vertelling as
bevrydingselement by sommige
karakters
 die rol van transformasie
 identiteit
GERTIE
 Gevange in haar eng sienings en
omstandighede
 Gevange in Miem se dominerende
houding en beswering
 Soeke na bevryding dryf haar tot
desperate optrede
POGING:
 BESOEK DIE SIRKUS EN KYK NA
DIE FRATSE.
 WAAROM JUIS FRATSE?
Die fratse raak ’n versinnebeelding
van die mens se
onvolmaaktheid
Gertie besoek die fratse, want:
 Hulle raak ’n versinnebeelding van die
mens se onvolmaaktheid
 Gertie is bewus van haar
“onvolmaakte” toestand: voorkoms,
ens. en kan met hulle identifiseer
 Let op hoe sy as’t ware deel word van
die sirkus se magiese ruimte tydens
haar vertelling
 Deur die vertelling word sy ’n paar
oomblikke lank in die
 magiese wêreld van die sirkus ingetrek
 verkry sy tydelike bevryding van haar
eentonige aardse bestaan
 transformeer sy in ’n mens wat deel word
van ’n wonderwêreld,
ook later tydens Konstabel
se vertelling van tant Hannie
WAT SÊ DIE NEWETEKS:
Gertie vryf haar hande asof sy
gereedmaak vir ’n groot
geleentheid
Kort stilte ter voorbereiding
Nie onthou nie - beleef
Kort sinne: “Halfdonker tent. Net
fakkels in die hoeke”
Slot: (Kyk na Miem en Meisie asof
sy wakker word)
MAAR
 IRONIE:
Hierdie mense is ook vasgevang binne die magiese ruimte van die
sirkus en binne onvolmaakte
liggame. Dit laat jou wonder
aangaande Meisie se “bevryding”
HOE BEREI GERTIE SE
VERTELLING ONS VOOR OP
LATERE GEBEURE/SITUASIES?
Hulle is deel van die onvolmaaktes/
die randfigure, net soos die ander
karakters.
Hulle is identiteitloos. Naamborde,
maar geen name nie – net tipes:
“Vetste Vrou”, “Die klein
mannetjie”
Meisie is aanvanklik naamloos –
onpersoonlik
Word later juffrou, dan Margaretha
Suur sweet tussen die vetvoue.
Konstabel se latere verwysing na
’n suur reuk by ouer vroue
Laaste naambord: “Die Aapmens”
Dit sou kon verwys na die evolusie
Die aapmens is dood – dus die
vermiste skakel is nog steeds nie
gevind nie –
Sluit aan by hul onvolmaaktheid.
MEISIE: TWEE MONOLOË
Vertelling van haar mislike bestaan
van vlieë en mis:
 Mis om die huis
Mis van vlieë teen die ruite:
Sy is die Aspoestertjie wat alles moet
skoonmaak
Hierdie monoloog gee die kyker ’n
kykie op haar bestaan en maak
haar soeke na vryheid
verstaanbaar.
Dit is haar eerste tree na vryheid –
dié uitstorting van emosie
waarvoor sy nog nooit voorheen ’n
kans gehad het nie.
Monoloog word ’n samevatting van
die BANALE waaraan sy elke dag
uitgelewer is:
Mis
Vlieë
Groot, blink brommers
Stank
slopemmer
Die stil Meisie raak selfs byna
histeries
NAAM:
Konstabel spreek haar aan as juffrou
en later Margareta Johanna
Uiteindelik verkry sy ’n identiteit
Ons vind in die monoloog
’n tipe magiese meevoering.
Die magiese en banale
word met mekaar vermeng –
dit is die LEWE –
nie net mooi of lelik nie
IRONIE
Uit die banale kom ook
die magiese te voorskyn:
Die mense soek mis
om te plant;
dus:
nuwe lewe.
Meisie is die blom wat uit die mis groei.
Meisie se tweede monoloog bring haar
nog ’n tree nader aan haar bevryding.
Die magiese krag van die sirkus kom
hier sterk na vore. Sy ondergaan ook
’n gedeeltelike transformasie
tydens die vertelling – word deel van
die sirkusmilieu:
 gordyne waai op maat van
sirkusmusiek;
 musiek word harder
Toon tog haar innerlike botsing wat rede
gee vir haar soeke na vryheid:
 Sal vertel en daarna vir ewig vergeet
 Die musiek wat harder word en die
liggies is asof dit haar teen haar ma
se sin roep en lok soos in die slot.
Wegsluip: Dit dui op Miem se
beswering van die Bose waaruit
Meisie bevryding soek.
Let op dat sy nie Gertie se fratse
(die onvolmaakte) sien nie.
Wat sien sy alles?
Sy loer net deur ’n gaatjie in die tent –
sou dit kon sien as haar beperkte sig
(sluit aan by hul geestelike blindheid).
Die Towenaar besig met die
meisie wat ONWILLIG is om sy
“slagoffer” te wees!
Klink dit bekend?
Die meisie se worsteling laat ons
dink aan Meisie se laaste innerlike
botsing voor sy saam met
Konstabel by die deur uit dans.
Die vertelling van die meisie wat
middeldeur gesny word en dan
weer “heel” gemaak word, is
simbolies van Meisie wat ’n
stukkende lewe voer, maar deur
Konstabel heel gemaak word as
hy sy towermantel oor haar swaai.
Wanneer sy by die gedeelte kom waar
Miem haar betrap,
keer sy terug na die
Meisie-karakter
en na haar
Aspoestertjie
mislike
werklikheid
van banaliteit.
KONSTABEL
en die
SONSVERDUISTERING
Konstabel: vertelling nie ’n bevryding
vir homself nie
MAAR
die magiese vertelling is ’n voorloper
van / gereed maak vir die
uiteindelike vrymaakgebeure.
Hy manipuleer hulle as ‘t ware
daarmee en stel hul sielkundig in op
wat kom.
Let op sy styl wat hy aanwend om
hulle te manipuleer:
Herhaal hoe graag hy daaroor
praat;
Speel op hul gevoel oor hoe hy
nou nie meer kan onthou hoe
dinge lyk nie;
“Ek vertél dit nie. Ek sién dit.
Voor my oë”.
Waarsku dat niemand hom moet
onderbreek nie – skep amper ’n
“heilige oomblik” en afwagting
Nes Gertie – ook stomp sinne
Magiese oomblikke:
Die huis wieg en kraak
Detail, bv. tant Hannie – reeds ’n
voorloper later vir Gertie
 Tant Hannie fluister – skep spanning
 hoenders skel,
 waai teen die draad vas
 kwepers val soos hael.
blomme vlieg weg
Ma se stem klink ver en dofweg
Ma verdwyn
die lug is vol blare en vere
Klimaks van sy vertelling:
Sien, die son het my oë uitgeskroei.
Dit sluit aan by die sprokie-element
en magiese
Hierdie vertelling lei hom om oor
vrouens te praat, wat weer tot sy
vertelling van tant Hannie lei
waardeur Gertie gedeeltelik bevry
word.
Soos die blomme en hoenders
wegwaai en deel word van die
magiese, so raak Meisie aan die einde
vry van die aardse en
dans kaalvoet weg
MIEM
Haar vertelling en uitstorting van haar
seksuele frustrasie
kan nie nagelaat word nie.
Sy raak gedeeltelik bevry as sy met
Konstabel praat en vertel hoe sy
voel oor Gabriël wat nou al 7 jaar in
die solder sit en nou is daar weer ’n
man in die huis
Dit laat ons wonder:
SEWE - ’n volmaakte Bybelse getal.
Is Gabriël se sewe jaar van
selfopgelegde ballingskap nie dalk
verby nie?
Kom hy nie dalk af omdat Meisie
weg is nie? (LW: nie omdat sy
trou nie!)
Is dit die prys wat Miem moet betaal
om seksuele bevryding te kry?
Ons is terug by haar borstrok wat
uitgetrek is aan die begin.
Sy word ook verder gedeeltelik
bevry deur te kan praat – veral
met ’n man!
Miem glo as sy Meisie so vashou,
beskerm sy haar en is sy veilig
soos ’n voëltjie in ’n nessie
Eintlik soek Meisie net bevryding uit
hierdie beswerende
omstandighede.
Die voëltjie wil juis uit die nes uit.
Tydens Meisie se vertelling laat die
towenaar die voëls uit ’n hokkie vry
Meisie vlieg ook aan die einde vry
weg soos die voëls van die sirkus.
Die moontlikheid bestaan nog altyd dat
hy die slang is wat haar aan die einde
in sy mag kry. Wie sal weet?
Die finale,
volledige
bevryding
geskied in die klimaks as Meisie,
na ’n innerlike botsing,
kaalvoet in haar aannemingsrok
by die deur uit dans saam met
Konstabel.
Die “doring” is getransformeer
Die roos het uit die mis gegroei
MOONTLIKE OPSTELVRAE
 Bevryding
 Tyd
 Rol van die monoloog
 Biegvader en manipuleerder
 Bybelse verwysings
 Identiteit
Skynheiligheid
Rol van ’n jong
meisie

similar documents