Onderwerp 1

Report
BESIGHEIDSTUDIES
Graad 10
KWARTAAL 1
Sake-omgewings en
Sake-geleenthede
MIKRO-OMGEWING
DIE MIKRO-OMGEWING EN DIE SAKE-OMGEWING

Ondernemings bestaan in die sake-omgewing.

Die sake-omgewing bestaan uit drie dele:
*
Mikro-omgewing
*
Markomgewing
*
Makro-omgewing
MIKRO-OMGEWING…
1.
Visie, missie en doelwitte
2.
Organisasie kultuur
3.
Organisasie hulpbronne
4.
Leierskap en bestuur
5.
Organisasie struktuur
6.
Agt ondernemingsfunksies
MARKOMGEWING...
7.
Die mark
8.
Verskaffers
9.
Tussengangers
10.
Mededingers
11.
Ander organisasies:
11.1
GGO’s (CBO’s)
11.2
NRO’s (NGO’s)
11.3
Reguleerders
11.4
Strategiese bondgenote
11.5
Vakbonde
12.
Geleenthede en bedreigings
MAKRO-OMGEWING...
13.
Fisiese/natuurlike omgewing
14.
Ekonomiese omgewing
15.
Sosiale, kulturele en demografiese omgewings
16.
Tegnologiese omgewings
17.
Regs- en politieke omgewings
18.
Internasionele/Globale omgewing
19.
Institutionele omgewing
EIENSKAPPE VAN DIE MIKRO-OMGEWING

Is die onderneming self.

Ook bekend as interne omgewing.

Ondernemings het volle beheer.
SAMESTELLING EN EIENSKAPPE VAN
DIE MIKRO-OMGEWING

Die mikro-omgewing bestaan uit die volgende
komponente:
•
Visie (beskryf wat ‘n onderneming oor die langtermyn wil bereik)
Missie (beskryf hoekom ‘n onderneming bestaan)
Strategie (beskryf hoe ‘n onderneming sy doelwitte gaan bereik)
Doelwitte (skakel die visie en missie om in produksieteikens,
•
•
•
besluit op ‘n sperdatum)

Die visie, missie, strategie en doelwitte beskryf wat
die onderneming wil bereik.

Organisasie kultuur:
•
Verwys na hoe dinge by ‘n organisasie gedoen
word.
•
Sluit aspekte in soos kleredrag en wyse waarop
werknemers aangespreek word.
•
Word beïnvloed deur die werknemers se kultuur.

Organisasie hulpbronne:
•
Verwys na die hulpbronne wat ‘n onderneming
gebruik – effektiewe funksionering te verseker.
•
Ondernemings benodig:
* kapitaal hulpbronne
* menslike hulpbronne
* natuurlike hulpbronne
* entrepreneuriese hulpbronne
•
Bekend as:
produksiefaktore
Elke faktor het sy eie vergoeding (“betaling” vir daardie
spesifieke produksiefaktor)
Hulpbron
Kapitaal
Beskrywing
Geld wat in ‘n onderneming belê word sodat die onderneming
kapitaalgoedere soos grond, geboue en toerusting kan aanskaf
Vergoeding
Rente
Hulpbron
Menslike hulpbronne
Beskrywing
Die werk wat mense doen om goedere te produseer. Dit staan
bekend as arbeid.
Vergoeding
Salarisse en lone
Hulpbron
Natuurlike hulpbronne
Beskrywing
Alle natuurlike bates at gebruik word om goedere en dienste te
produseer, byvoorbeeld water, steenkool en goud.
Vergoeding
Huur
Hulpbron
Entrepreneuriese hulpbronne
Beskrywing
Mense wat bogenoemde produksiefaktore kombineer om ‘n
winsgewende en operasionele onderneming te bedryf.
Vergoeding
Wins
BESTUUR EN LEIERSKAP

Dit is die bestuur en die leierskap se verantwoordelikheid
om toe te sien dat ‘n onderneming se doelwitte bereik word.
VERSKIL TUSSEN BESTUURDERS EN LEIERS
BESTUURDERS
Het ‘n spesifieke posise in ‘n onderneming bv. Finansiële bestuurder.
Persoon kan net ‘n bestuurder word as daar ‘n vakante bestuurspos
in die onderneming is.
‘n Bestuurder deel opdragte uit en maak seker dat dit uitgevoer
word.
‘n Bestuurder het die gesag om vir werknemers opdragte uit te deel.
VERSKIL TUSSEN BESTUURDERS EN LEIERS
LEIERS
‘n Leier het nie noodwendig ‘n bestuurspos nie – enige werknemer
kan ‘n leier wees.
‘n Leier tree na vore wanneer daar ‘n behoefte aan leiding binne ‘n
groep ontstaan – leierskap is ‘n karaktereienskap.
‘n Leier is gewoonlik deel van ‘n span en help om take uit te voer.
‘n Leier inspireer mense om take uit te voer.
8 ONDERNEMINGSFUNKSIES KAN IN ‘N
ONDERNEMING GEÏDENTIFISEER WORD
1.
Algemene bestuur
2.
Administratiewe funksie
3.
Finansiële funksie
4.
Aankoopfunksie
8 ONDERNEMINGSFUNKSIES KAN IN ‘N
ONDERNEMING GEÏDENTIFISEER WORD
5.
Openbare betrekkinge funksie
6.
Menslike hulpbronfunksie
7.
Produksiefunksie
8.
Bemarkingsfunksie
(A) ALGEMENE BESTUUR
Die funksie van ‘n algemene bestuur is om te verseker
dat alle ondernemingsfunksies effektief funksioneer.
VLAKKE VAN BESTUUR
Die funksie van ‘n algemene bestuur is om te verseker
dat alle ondernemingsfunksies effektief funksioneer.
VLAKKE VAN BESTUUR
Topvlak
Middelvlak
Laervlak
TOPVLAK BESTUUR

Topvlak bestuurders is mense soos:
•
Hoof Uitvoerende Beamptes (HUB’s)
Direkteure van maatskappye
Eienaars van eenmansake en vennote in
vennootskappe
•
•

Topvlak bestuur kyk na ‘n onderneming en sy
aktiwiteite in die geheel.
ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Beplan vir die onderneming se toekoms.

Monitor die onderneming se verhouding met die
eksterne omgewing.

Bestuur verandering in die sake-omgewing.

Bepaal die visie, missie, strategie en doelwitte van die
onderneming – sorg dat doelwitte behaal word.

Maak strategiese besluite – langtermyn bv. verpakking
moet verander.
MIDDELVLAK BESTUUR

Is die hoofde van die verskillende afdelings binne die
onderneming.

Hulle het gespesialiseerde kennis van die aktiwiteite wat
in hulle afdelings uitgevoer word.
ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Dien as ‘n skakel tussen topvlak- en laervlak bestuur.

Implementeer topvlak bestuur se planne deur taktiese
besluite te neem.

Bestuur elke afdeling/departement bv. bemarkingsafdeling.

Behaal die doelwitte wat die die afdeling gestel is.

Skaf die hulpbronne aan wat die afdeling nodig het.
LAERVLAK BESTUUR

Is die laagste vlak van bestuur.

Bekend as eerstelyn of toesighoudende bestuur.

Is voormanne en spanleiers.

Beskik oor tegniese kennis en moet werkers lei en
motiveer.
ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

Dien as ‘n skakel tussen departementshoofde en werkers
op grondslag.

Voer die taktiese besluite van die middelvlak bestuur uit.

Gebruik die hulpbronne wat middelvlakke bestuur aanskaf
om daaglikse instruksies uit te voer.

Maak roetine-tipe besluite.

Verantwoordelik om daaglikse produksieteiken te bereik.

Voer middelvlak bestuur se opdragte uit.
BESTUURSTAKE
Beplanning
Die proses om doelwitte te stel en planne te maak om hierdie
doelwitte te bereik.
Vind plaas op al drie bestuursvlakke.
Topbestuur beplan vir die onderneming se langtermyn toekoms.
Topbestuur beplan hoe ‘n onderneming sy algehele doelwitte gaan
bereik.
BESTUURSTAKE
Middelvlak bestuur beplan vir die mediumtermyn.
Middelvlak bestuur beplan hoe elke afdeling se doelwitte bereik
gaan word.
Laervlak bestuur beplan vir die korttermyn.
Laervlak bestuur beplan hoe om daaglikse produksieteikens te
behaal.
BESTUURSTAKE
Organisering
Verwys na die manier waarop werknemers in ‘n onderneming
georganiseer is om planne te beraam.
Om verantwoordelikheide en pligte na te kom.
Beskryf die take waarvoor werknemers verantwoordelik is, teenoor
wie verslag gedoen moet word en wie opdragte mag uitdeel.
Werknemers kan in verskillende organisasie strukture gerangskik
word.
BESTUURSTAKE
Aktivering
Om te begin met die werk wat ‘n onderneming in staat gaan sel om
sy doelwitte te bereik.
BESTUURSTAKE
Leiding
Om werknemers deur hulle pligte en verantwoordelikhede te lei.
Om werknemers te inspireer om die onderneming se doelwitte te
bereik.
BESTUURSTAKE
Rigting gee (Directing)
Verseker dat alles in ‘n onderneming glad verloop.
Behels die skepping van ‘n produktiewe werksklimaat,
toesighouding en om seker te maak dat kommunikasiekanale oop
bly.
BESTUURSTAKE
Beheer
Maak seker dat take volgens plan uitgevoer word.
Behels vergelyking tussen werklike resultate en doelwitte wt deur
bestuur gestel is.
Regstellende maatreëls moet getref word indien daar ‘n verskil is
tussen die werklike resultate en die onderneming se doelwitte.
BESTUURSTAKE
Risiko bestuur
Dit bly ‘n belangrike bestuursverantwoordelikheid, al word dit nie
geklassfiseer as ‘n tradisionele bestuurstaak nie.
Behels die identifisering van risiko’s en ontwikkeling van
strategieë om hierdie risiko’s te hanteer.
Die volgende stappe word geneem:
1. Identifiseer bedreigings/risiko’s in elke sake-omgewing.
2. Bepaal die mate waarin die onderneming blootgestel is aan
bedreigings.
3. Evalueer die risiko’s.
4. Beheer die risiko deur verliese te beperk.
5. Finansier die risiko deur te begroot vir moontlike verliese.
ORGANISATORIESE STRUKTURE
1.
Toon die kanale wat gebruik word om:
•
Opdragte uit te deel
Terugvoering te gee
Kommunikasie tussen bestuurders en
werknemers en werknemers onderling
•
•
2.
Daar is verskillende tipes organisatoriese strukture
vir verskillende tipes ondernemings en situasies.
LYNORGANISASIE STRUKTUUR
1.
Oudste organisasie struktuur.
2.
Beste struktuur vir klein sake-ondernemings.
3.
Maak voorsiening vir vinnige besluitneming –
bestuurders het die gesag om besluite te neem
sonder om met werknemers te konsulteer.
4.
Gesag vloei afwaarts van die mees senior persoon
in die organisasie na werknemers op die laagste
vlak.
FUNKSIONELE ORGANISASIE STURKTUUR
1.
2.
3.
4.
Soort gelyk aan lynorganisasie – maak
voorsiening vir groter ondernemings.
Dieselfde tipe werk word saamgegroepeer in
funksionele departemente.
Elke departement word bestuur deur ‘n bestuurder
wat ‘n kundige is in sy/haar spesifieke veld.
Elke departement wat die hele onderneming se
bemarking behartig.
LYNSTRUKTUUR
1.
Lynstruktuur vorm die basis vir die lyn- en
staforganisasie struktuur.
2.
Kundiges tree op as adviseurs vir bestuurders.
3.
Bestuurders staan bekend as lynbestuurders, terwyl
kundiges/adviseurs bekend staan as stafbestuurders.
4.
Adviseurs het geen gesag oor werknemers nie.
5.
Maak voorsiening vir vinnige besluitneming en vinnige
vloei van gesag.
6.
Gepas vir groot ondernemings.
PROJEK- OF MATRIKSORGANISASIE STRUKTUUR
1.
‘n Span, wat bestaan uit mense van verskillende
departemente, word saamgestel om ‘n taak te voltooi.
2.
Projekspanne word gelei deur projekbestuurders.
3.
Sodra die projek voltooi is, ontbind die spanne en keer
spanlede terug na hulle onderskeie departemente.
4.
5.
6.
Dit is dus ‘n tydelike struktuur.
Terwyl spanlede aan ‘n projek werk, voer hulle
opdragte van die projekbestuurders en departementshoofde uit.
Dit kan lei tot “konflik van lojaliteit” tussen
projekbestuurders en funksionele bestuurders.
DIE VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE BESTUUR
EN GROEPERING VAN BESTUURSVLAKKE
Groepering tussen vlakke
Beplan vir ‘n onderneming in
die geheel, bepaal die ringting
van die onderneming.
Dien as skakel tussen top- en
laevlak bestuur, voer besluite
uit wat topbestuur neem.
Voer taktiese besluite uit
wat middelvlak bestuur
neem.
Bestuursverantwoordelikhede
Langtermyn beplanning, neem
straegiese besluite, bestuur
verandering en bestuur risiko.
Mediumtermyn beplanning,
neem taktiese besluite, bestuur
elke departement.
Korttermyn beplanning, neem
operasionele besluite, stel
daaglikse prestasieteikens.
(B) ADMINISTRASIE
VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE ADMINISTRASIE FUNKSIE
1.
Versamel data en inligting.
2.
Hanteer data en inligting.
3.
Bestuur inligting.
4.
Kantoorpraktyk.
5.
Inligtingstegnologie.
VERSAMEL DATA EN INLIGTING
Die administratiewe funksie moet data en inligting
versamel wat bestuur kan help met besluitneming
byvoorbeeld:
1.
2.
3.
4.
5.
6.
Markneigings
Inflasiekoers
Rentekoers
Verkoopsyfers
Voorraad
Verskaffers
HANTERING VAN DATA EN INLIGTING
Korrespondensie
Alle kommunikasie van en na ‘n onderneming, hetsy verbaal of
skriftelik.
Kopiëring
Inligting moet gekopieer word om dit aan bestuurders beskikbaar
te stel.
Sekere inligting is betroubaar en moet versigtig hanteer word.
HANTERING VAN DATA EN INLIGTING
Liasering en berging
Korrespondensie en dokumente soos finansiële state ens. Moet
geliaseer en geberg word.
Hierdie inligting word gehou vir toekomsigte verwysings.
Indeksering
Liaseer dieselfde tipe inligting bymekaar.
Indekseer hierdie inligting in terme van belangrikheid, datum of
aard.
HANTERING VAN DATA EN INLIGTING
Hantering van pos
Lewer pos aan bestuurders sodat hulle vinnig daarop kan reageer.
Indekseer hierdie inligting in terme van belangrikheid, datum of
aard.
Verspreiding van inligting aan
bestuurders
Inligting moet aan bestuurders verskaf word sodat geleenthede en
bedreigings geïdentifiseer kan word.
HANTERING VAN DATA EN INLIGTING
Rekenkundige rekords
Word gehou om: rekord te hou van alle transaksies en finansiële
state op te stel.
Statistiek
Behels die versameling en interpretasie van rou data.
Statistiek help bestuurders om neigings te identifiseer en om
ingeligte besluite oor ‘n onderneming se toekoms te neem.
HANTERING VAN DATA EN INLIGTING
Begrotings
Skat hoeveel geld ‘n onderneming in ‘n spesifieke finansiële jaar
gaan uitgee en ontvang.
Tipes begrotings sluit in:
1. Bemarkingsbegroting
2. Menslike hulpbronnebegroting
3. Produksiebegroting
4. Korporatiewe sosiale investeringsbegroting
BESTUUR VAN INLIGTING
1.
Data moet versamel word, verwerk word sodat dit deur
bestuur gebruik kan word.
2.
Hierdie inligting help bestuur om besluite te neem.
3.
Inligting word gebruik om toekomstige neigings te
voorspel en om hierdie neigings om te skakel na
sterkpunte en geleenthede.
4.
Inligting moet nagegaan word.
5.
Inligting moet op datum wees en beskikbaar wees.
KANTOORPRAKTYK
Verwys na die manier waarop aktiwiteite hanteer word:
1.
Telefoonetiket.
2.
Manier waarop boodskappe aan werknemers oorgedra
word.
3.
Manier waarop e-posse en fakse hanteer word in
terme van dringendheid.
4.
Die hoeveelheid kopiëe wat werknemers mag maak.
INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)
1.
Inligtingstegnologie (IT) verwys na die gebruik van
rekenaars en –sagteware om inligting te
prosesseer, te stoor, te beskerm en te herwin.
2.
Sluit elektroniese kommunikasie in.
3.
Nuwe term Inligtings- en Kommunikasietegnologie
(IKT).
IKT VERWYS NA...
Telefone
‘n Interne telefoonstelsel verbind die onderneming se verskillende
departemente met die skakelbord en met mekaar.
Die eksterne telefoonstelsel stel die onderneming in staat om
eksterne oproepe te maak (buite die omgewing).
Faksmasjiene
Om geskrewe dokumente elektronies te stuur.
IKT VERWYS NA...
Selfone
Selfone is koordloos, mense kan maklik bereik word.
Selfone kan gebruik word om “konferensie oproepe” (confrence
calls) te maak.
Selfone verskaf toegang tot die internet.
IKT VERWYS NA...
Elektroniese verkoopsterminale
Laat mense toe om met debiet- of kredietkaarte vir produkte te
betaal.
Die toestel is gekoppel aan die bank en geld word elektronies
vanaf die koper se rekening na die verkoper se rekening
oorgeplaas.
IKT VERWYS NA...
Fotokopiëerders
Word gebruik om dokumente te kopiëer, te vergroot en/of te
verklein.
Kopiëerders kan ook dokumente bind, pons en kram.
Kopiëerders kan ook aan rekenaars gekoppel word.
Kopiëerders druk dokumente – goedkoper.
Meeste kopiëerders is egter onderhoudsintensief.
IKT VERWYS NA...
Interaktiewe witborde
‘n Groot gevoelsensitiewe (touch sensitive) bord wat gekoppel is
aan ‘n digitale projektor en ‘n rekenaar.
Die projektor wys die rekenaar se beeld op die witbord.
Kan op die witbord “skryf” deur ‘n spesiale pen of jou vinger te
gebruik.
Rekenaar en witbord word gebruik vir voorleggings.
Alles wat op die witbord geskryf word, word op die rekenaar
gestoor.
IKT VERWYS NA...
Rekenaars
Kommunikasiemedium vir e-pos en skype.
Skype is ‘n program waardeur telefoonoproepe via die internet
gemaak word.
Verskaf toegang tot die internet.
Word gebruik van verskillende rekenaarprogramme.
(C) FINANSIERING
VERANTWOORDELIKHEID
1.
Beplan hoe geld spandeer gaan word.
2.
Besluit of finansiering nodig is.
3.
Verseker dat genoeg geld beskikbaar is vir die
onderneming om handel te dryf.
4.
Om uitstaande gelde op te volg.
5.
Om die onderneming se rekeninge te betaal.
BELANGRIKE BEGRIPPE
Inkomste
Inkomste is al die geld wat ‘n onderneming inkry.
(byvoorbeeld: rente)
Uitgawes
Verwys na die geld wat ‘n onderneming spandeer op
verbruikersgoedere – goed wat op raak en nie lankhou nie.
(byvoorbeeld: water en elektrisiteit)
BELANGRIKE BEGRIPPE
Wins
Verskil tussen inkomste en uitgawes.
Behoort aan die onderneming se eienaar.
Verlies
Wanneer ‘n onderneming se uitgawes meer is as die inkomste.
Die eienaar van ‘n onderneming is verantwoordelik vir die verlies.
BELANGRIKE BEGRIPPE
Bates
Bly permanent in die onderneming.
(byvoorbeeld: toerusting)
Kan ook in geld omgeskakel word.
(byvoorbeeld: handelsvoorraad)
Laste
Verwys na die geld wat ‘n onderneming aan sy krediteure skuld.
BELANGRIKE BEGRIPPE
Krediteure
‘n Onderneming skuld geld aan sy krediteure. Krediteure is dus
laste.
Debiteure
Skuld geld aan die onderneming. Debiteure se skuld kan in
kontant omgeskakel word. Debiteure word geklassifiseer as ‘n
baste.
BELANGRIKE BEGRIPPE
Vaste kapitaal
Die gedeelte van ‘n onderneming se kapitaal wat in vaste bates
belê is.
Werkskapitaal
Die gedeelte van ‘n onderneming se kapitaal wat gebruik word om
handeslvoorraad mee aan te koop en vir uitgawes te betaal.
TIPES FINANSIERING
1.
2.
Finansiering beteken om geld of kapitaal te bekom
om vir iets te betaal.
Kapitaal kan aan ‘n onderneming behoort of dit
kan geleen word.
Verwys na tabel:
Eie Kapitaal
Eie kapitaal is geld wat die eienaar bydrae wat gebruik
word om inkomste te genereer.
Beteken dat die eienaar geregtig is op die wins as ‘n
onderneming winsgewend is.
Geleende Kapitaal
Verkry van finasiële instellings soos banke.
Word met rente terugbetaal.
Langtermyn geleende kapitaal soos verbandlenings.
Kortermyn geleende kapitaal soos oortrokke
bankrekeninge.
BRONNE VAN FINANSIERING
Korttermyn
Oortrokke
bankrekening
Onderneming reël met die bank om meer geld te
onttrek as waar daar in die bankrekening beskikbaar
is.
Verskafferskrediet
Die verkoper en die koper kom ooreen dat die koper
goedere dadelik kan neem, maar eers lter daarvoor
hoef te betaal.
Lenings
Geld word binne ‘n tydperk (minder as 5jr) terug
betaal met rente.
Huurrekeninge
Inplaas van ‘n bate koop word dit gehuur.
BRONNE VAN FINANSIERING
Langtermyn
JSE
‘n Onderneming kan aandele verkoop om kapitaal te
kry.
Lenings
Geld word oor ‘n langtermyn (tot 30jr) met rente
terugbetaal.
Reserwefondse
Kan geld gebruik wat in die onderneming se
reserwefonds gespaar is.
BEGROTINGS
1.
2.
3.
Dit is die onderneming se finansiële beplanning.
Dis ‘n aanduiding van moontlike toekomsigtige
inkomste en uitgawes.
Daar is twee tipe begrotings:
Kapitaal begroting
Kontantbegroting
Bepaal onderneming se
vaste bastes.
Bepaal ‘n onderneming se
werkskapitaal.
Fokus op langtermyn.
Fokus op korttermyn.
INLEIDING TOT BELEGGINGS
1.
Verwys na die gebuik van geld om welvaart en inkomste
te genereer, sonder om te werk.
2.
Ondernemings belê surplus fondse.
3.
Beleggingsbestuurders word aangestel om na
beleggingsportefeuljes om te sien.
4.
Beleggingsportefeuljes verwys na verskillende
beleggings wat deur onderneming gemaak word.
5.
Geld word in verskillende markte belê byvoorbeeld:
eiendom, aandele, goud ens.
TIPES KAPITAAL
1.
Vaste kapitaal:
Kapitaal wat in nie-bedryfsbates soos voertuie,
toerusting, grond en geboue belê word.
2.
Bedryfskapitaal:
Kapitaal wat gebruik word om krediet mee toe te
staan, voorraad mee aan te koop. Werkskapitaal is
likied – in- en uitvloei in die onderneming.
(D) AANKOPE
VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE AANKOOPFUNKSIE
1.
Om alles wat ‘n onderneming nodig het om sy
aktiwiteite uit te voer, aan te koop.
2.
Om voorraad te bestuur.
3.
Beste verskaffers op te spoor.
4.
Bestellings by verskaffers op te volg.
AANKOOPPROSEDURES
1
• Rekwisies
2
• Doen navraag
3
• Kies ‘n verskaffers
4
• Bestel
4
• Ontvang
5
• Stoor nuwe voorraad
6
• Versprei
AANKOOPAKTIWITEITE
Werknemers in die aankoopfunksie sal betrokke wees
by die volgende aktiwiteite:
1.
Maak kontak met ander departemente om hulle behoeftes te
bepaal.
2.
Soek voordurend na die beste verskaffers.
3.
Maak seker daar is altyd genoeg voorraad.
4.
Onderhandel met die beste betalingsvoorwaardes.
5.
Plaas bestellings en volg op.
6.
Stuur beskadigde goedere terug na die verskaffers.
KONTANTHANDEL
Voordele:
1.
Kontantkopers het nie probleme met onbetaalde
rekeninge nie.
2.
Rekeninge hoef nie aan debiteure gestuur te word
nie.
3.
Die kontantverkoper het die kontant om vaste
uitgawes soos water en elektrisiteit te betaal.
4.
Kontantkoper kan ook kwalifiseer vir kontantafslag.
KONTANTHANDEL
Nadele:
1.
2.
Kontanthandelaars kan die ondersteuning van
klante, wat nie genoeg geld het om kontant te betaal
te verloor nie.
Geld in bank trek rente – wanneer kontanthandelaar
‘n betaling maak is daar minder geld in die rekening
waarop rente verdien kan word.
KREDIETHANDEL
1.
Vind plaas wanneer ‘n koper dadelik goedere in besit
neem, maar eers later daarvoor betaal.
2.
Beteken dat eienaars hulle klante vertrou om wel later te
betaal vir die produkte wat reeds geneem is.
3.
Omdat krediethandelaars wag vir betaling, word rente
gehef op die uitstaande bedrag.
4.
Krediethandelaars laat gewoonlik 30, 60, 90 dae toe vir
rekeninge om betaal te word.
5.
Sekere handelaars gee slegs 30 dae.
KREDIETHANDEL
Voordele:
1.
Krediethandelaars kan meer vra vir hulle goedere
om te komenseer vir die tyd wat hulle vir betaling
gewag het.
2.
Krediethandel stel mense wat eers aan die einde
van die maand kan betaal, in staat om dringende
behoeftes dadelik te bevredig.
3.
Geld bly langer in die kredietkoper se rekening
omdat daar eers later vir goedere betaal word.
KREDIETHANDEL
Nadele:
1.
Krediethandelaars moet dikwels nuwe voorraad
aankoop voordat debiteure betaal het.
2.
Daar is altyd die risiko van oninbare skulde.
3.
Rekeninge moet aan debiteure gestuur word.
VOORRAADBEHEER
Definisie:
1.
2.
3.
Om voorraadvlakke te monitor sodat die
onderneming die regte hoeveelheid voorraad
aanhou.
As ‘n onderneming te min voorraad aanhou, sal
klante by ‘n ander onderneming gaan koop.
As ‘n onderneming te veel voorraad aanhou, sal dit
geberg moet word.
VOORRAADBEHEER
Doel:
1.
Om op enige stadium die waarde en hoeveelheid
voorraad te bepaal, sonder om voorraad fisies te tel.
2.
Om te verseker dat daar ten alle tye genoeg
voorraad is om die normale vraag te bevredig.
3.
Vergelyk die hoeveelheid voorraad op die rakke met
rekords om veroudering en diefstal te merk.
VOORRAADBEHEER
Die koste van voorraadhouding:
Voorraadhoudingskostes sluit in:
1.
2.
3.
4.
5.
Verlies as gevolg van verouderde produkte
Verlies as gevolg van diefstal
Verlies as gevolg van brand
Versekering op voorraad in die stoorkamer
Koste verbonde aan berging: huur, verkoeling,
elektrisiteit ens.
VOORRAADBEHEER
Belangrike konsepte:
Minimum
voorraadvlakke
Die kleinste hoeveelheid voorraad wat nodig is
om die normale vraag te bevredig.
Maksimum
voorraadvlakke
Hoeveelheid voorraad wat nie oorskry mag
word nie.
Standaardbestelling
Vaste bestelling
Byvoorbeeld: ‘n kafee bestel elke week 100
bottels
Bestellingsvlak
Verwys na die voorraadvlak wat bereik moet
word voordat nuwe voorraad bestel word.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Rede:
1.
2.
3.
Lig kredietgewers en verbruikers in oor hulle regte en
verpligtinge.
‘n Kredietgewer is ‘n persoon of ‘n onderneming wat
krediet verskaf aan ‘n ander persoon of onderneming.
‘n Kredietaansoeker is ‘n persoon of ‘n onderneming
wat geld wil leen.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Aard en doel:
1.
Om ‘n kredietmark te ontwikkel wat toeganklik is vir alle SuidAfrikaners.
2.
Om ‘n verantwoordelike lenings, vermyding van oorbodige skuld
en nakoming van finansiële verpligtinge aan te moedig.
3.
Bevorder gelykheid in die kredietmark.
4.
Spreek wanbalanse in die onderhandelingsmag tussen
verbruikers en kredietgewers aan.
5.
Ontmoedig roekelose kredietverlening en kontrakbreuk deur
verbruikers.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Regte van kredietgewers:
1.
Kan ‘n dagvaardiging uitreik en aansoek doen om ‘n vonnis
teen die verbruikers.
2.
As daar nie ‘n skuldhersieningsaansoek is nie, kan die
kredietgewer regstappe teen die verbruiker neem mits:
•
Die verbruiker vir minstens 20 dae in verstek gebly het.
•
Die kredietgewer minstens 10 dae skriftelike kennis, per
geregistreerde pos, aan die verbruikers gegee het.
•
Die verbruiker nie daarop gereageer het nie.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
1.
Die verbruiker moet die kredietgewer in kennis stel
van enige veranderinge in verband met:
•
Die verbruiker se woon- of sake-adres.
•
Die adres waar goedere gestoor word.
•
Die naam en adres van enige ander persoon aan wie
besit van goedere oorgedra is.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Regte van kredietaansoekers:
1.
Die reg op ‘n afskrif van die kredietooreenkoms.
2.
Die reg op beskerming teen onbillike diskriminasie.
3.
Die reg op redes waarom krediet geweier is.
4.
Die reg op inligting in ‘n amptelike landstaal.
5.
Die reg op inligting in gewone en verstaanbare taal.
6.
Die reg om kredietrekords en –inligting na te gaan.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Remedies (Regshulp):
1.
Verleen beskerming aan verbruikers byvoorbeeld:
•
Die kredietooreenkoms mag geen onregmatige bepalings bevat
nie.
•
Die verbruiker is geregtig om aansoek te doen vir
skuldhersiening.
•
Die kredietgewer is nie geregtig op regshulp terwyl die verbruiker
onderskuldhersiening is nie.
2.
‘n Kredietgewer kan ‘n dagvaardiging uitreik en aansoek doen
om vonnis teen die verbruikers.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE KREDIETWET
(WET 34 OF 2005)
Impak op die aankoopfunksie:
1.
Streng kredietverleningsmaatreëls het veroorsaak dat
daar minder krediet beskikbaar is.
2.
Die aankoopfunksie kan nie meer verwag of aanneem
dat krediet toegestaan gaan word nie.
3.
Die aankoopfunksie, sowel as die finansiële funksie,
moet seker maak dat daar genoeg kontant beskikbaar
is vir die nodige aankope.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Rede:
1.
Skep bewustheid van verbruikersregte.
2.
Beskerm verbruikersregte.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Aard en die doel:
1.
Om verbruikers se sosiale welstand te bevorder.
2.
Om ‘n regverdige regsraamwerk vir die verbruikersmark te vestig.
3.
Om die belange van alle verbruikers te beskerm.
4.
Om toegang tot inligting oor verbruikersbewustheid te
vergemaklik.
5.
Om verbruikers te beskerm teen gevaarlike goedere.
6.
Om regverdige sakepraktyke aan te moedig.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Regte van diensverskaffers:
1.
‘n Verskaffer kan ‘n vastetermyn-ooreenkoms binne 20 dae
kanselleer nadat kennis gegee is aan die verbruiker.
2.
Behalwe op openbare vakansiedae, mag die verskaffer die
verbruiker tussen 08:00 en 20:00 op weeksdae en tussen
09:00 en 13:00 op Saterdae en Sondae vir
bemarkingsdoeleindes nader.
3.
Verskaffers kan verbruikersooreenkomste afdwing as die
ooreenkomste in gewone en verstaanbare taal is.
4.
Verskaffers kan geskrewe verbruiksooreenkomste afdwing
sonder dat die verbruiker die dokument geteken het.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Regte van verbruikers:
1.
Die reg op privaatheid.
2.
Die reg op vrye keuse.
3.
Die reg op inligting.
4.
Die reg op aanspreeklikheid van verskaffers.
5.
Die reg op regverdige en verantwoordelike bemarking.
6.
Die reg op billike en regverdige voorwaardes en termyne.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Remedies (Regshulp):
1.
Die verbruiker kan klagtes verwys na die Nasionale
Verbruikerskommissie.
2.
Die verbruiker en verskaffer het toegang tot
alternatiewe dispuutoplossingsmetodes.
3.
Verskaffers is aanspreeklik vir administratiewe fooie.
4.
Markpraktyke kan deur die Nasionale Verbruikerskomissie ondersoek word.
DIE AANKOOPFUNKSIE EN DIE NASIONALE
VERBRUIKERSBESKERMINGSWET (WET 86 OF 2008)
Impak op aankoopfunksie:
1.
Vervaardigers en verskaffers kan aanspreeklik gehou
word vir skade gelei as gevolg van foutiewe goedere.
2.
Meer papierwerk en personeelopleiding vir
verskaffers.
3.
Dit word moeiliker vir verskaffers om foutiewe
goedere, of goedere van swak gehalte, te lewer.
(E) DIE OPENBARE BETREKKINGE-FUNKSIE
Rol:
1.
Om ‘n gunstige beeld van die onderneming te skep.
Belangrikheid:
1.
Sakebeeld is belangrik omdat dit die onderneming help om:
•
Klante te lok.
•
Aandeelhouers tevrede te stel.
•
Goeie werknemers te lok.
•
Die ondersteuning van die gemeenskap te verseker.
(E) DIE OPENBARE BETREKKINGE-FUNKSIE
Metodes:
1.
Metodes wat die gebruik van openbare betrekkinge ondersteun:
•
Gebruik van die telefoon
•
“Word of mouth”
•
Publisiteit
•
Uitstallings
•
Korporatiewe verantwoordelikheid
•
Media
DIE ROL EN BELANGRIKHEID VAN DIE
ONDERNEMINGSFUNKSIES
Sakefunksie
Hoof verantwoordelikheid
Aankoopfunksie
Moet die beste verskaffers opspoor en die regte
voorraad op die regte tyd, teen die regte prys, van
die regte gehalte en in die regte hoeveelhede
aankoop.
Produksiefunksie
Verantwoordelik om rou materiaal in finale goedere
te verwerk.
Openbare
betrekkingefunksie
Verantwoordelik om ‘n gunstige beeld van ‘n
onderneming te skep.
Algemene
bestuursfunksie
Verantwoordelik vir die algmene bestuur:
beplanning, organisering, leiding en beheer.
DIE ROL EN BELANGRIKHEID VAN DIE
ONDERNEMINGSFUNKSIES
Sakefunksie
Hoof verantwoordelikheid
Bemarkingsfunksie
Verantwoordelik vir die verkoop van ‘n onderneming
se produkte.
Menslike
hulpbronfunksie
Verantwoordelik vir die werwing, keuring en
aanstelling van nuwe werknemers.
Administratiewe
funksie
Verantwoordelik vir die versameling, berging en
verspreiding van sake-inligting.
Finansiële funksie
Verantwoordelik vir die finansiering van sakeaktiwiteite.
DIE ONDERNEMINGSFUNKSIES IN KLEIN EN GROOT
SAKEKONTEKSTE
1.
2.
3.
Die 8 ondernemingsfunksies kom in klein sakeondernemings op ‘n kleiner skaal voor.
In groot ondernemings is die teenoorgestelde waar –
die 8 ondernemingsfunksies kan duidelik van mekaar
onderskei kan word.
Die manier waarop hulpbronne in klein ondernemings
aangewend word, verskil ook van die manier waarop
hulpbronne in groter ondernemings aangewend word.
DIE ROL VAN BESTUUR IN DIE SUKSES VAN ‘N
ONDERNEMING
1.
Dit is die bestuur se verantwoordelikheid om
realistiese en bereikbare doelwitte vir die
onderneming te stel.
2.
Die onderneming se werksverrigting word teen hierdie
doelwitte gemeet.
3.
Opdragte moet aan die regte werknemers gegee
word.
4.
Bestuur moet ‘n organisasie struktuur kies wat
produktiwiteit en werksverrigting bevorder.
DIE ROL VAN BESTUUR IN DIE SUKSES VAN ‘N
ONDERNEMING
5.
Dit is bestuur se verantwoordelikheid om te verseker
dat ‘n atmosfeer geskep word vir goeie verhoudings.
6.
As werknemers daaglikse produksieteiken bereik, sal
die onderneming oor die langtermyn suksesvol wees.
7.
Bestuur het ‘n groot verantwoordelikheid omdat die
besluite wat hulle neem die onderneming of
bevoordeel of selfs kan laat ondergaan.
GEHALTE
1.
Verwys na die fisiese eienskappe van goedere.
2.
Gehaltebeheer behels beheer oor die materiaal,
vakmanskap en masjienerie wat in die
produksieproses gebruik word.
3.
Dit beïnvloed die gespesifiseerde staandaarde en
vereistes van die finale produkte.
4.
Die doel van gehaltebeheer is om te verseker dat die
regte gehalte goedere aan verbruikers gelewer word.
GEHALTE
Voordele:
1.
Handelaars en verbruikers kan seker wees dat produkte
van goeie gehalte is.
2.
Gehaltebeheer moedig werkers aan om goeie produkte te
lewer.
3.
Produksiekoste kan verminder word deur swak produkte uit
te skakel.
4.
Gehaltebeheer lei tot beter goedere en beter
produkontwerp.
GEHALTE
1.
Een van ‘n onderneming se algehele doelwitte is om
gehalte goedere en dienste te lewer.
2.
Elke ondernemingsfunksie moet hoë gehalte werk
lewer om hierdie doelwitte te bereik byvoorbeeld:
•
Produksie
•
Aankope
•
Eksterne betrekkinge
GEHALTE
•
Algemene bestuur
•
Bemarking
•
Menslike hulpbronne
•
Administrasie
•
Finansies

similar documents