Document

Report
Die Groot Vyf Traumas
Dood • Siekte/Lyding • Werkloosheid • Misdaad • Egskeiding
1
Inhoudsopgawe
2
Wat is Trauma? Waarvan praat ons?
Trauma kan omskryf word as gebeure wat in jou lewe plaasvind, gewoonlik buite
jou beheer, wat die bestaande orde van jou leefwêreld totaal omvêrgooi. Dit het die
gevolg dat jy kan verklaar dat jy nooit weer dieselfde na die lewe en jou wêreld sal
kan kyk nie. Met hierdie omskrywing is dit duidelik dat baie ontstellende ervarings
in die loop van ons gewone lewenswandel met ons elkeen gebeur.
Sommige mense vind dit moeilik om die normale traumas van die lewe te hanteer,
wat nog van die buitengewone groot gebeure wat ons bestaan laat wankel. In
hierdie reeks fokus ons op 5 traumas wat baie mense beleef.
Die doel van ons reeks hierdie Lydenstyd is om mense te ondersteun wat stoei met
hul eie trauma en ander te bemagtig om beter ondersteuning te bied. Ons bely dat
ons nooit alleen in ons seer staan nie en dat Jesus Homself met ons seer
vereenselwig deur die kruis en vir ons nuwe hoop gee deur die opstanding.
Jy word genooi om hierdie pad saam met ons en Christus te stap, deur
die kruis na die oop graf.
3
Inleiding: Johannes se vraag…
2 Maart 2014
“We are closer to God when we are asking questions than when we think we have
the answers” - Rabbi Abraham Heschel
Lees saam: Lukas 7:18 - 23
Die vraag wat Johannes vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons ’n ander
een verwag?” verwoord iets van sy onsekerheid. Hy het gedink dat die lewe op ’n
sekere manier gaan verloop en nou gebeur alles anders as wat hy verwag het... Hy
vra hierdie vraag vanuit die tronk en hy sou nooit weer vrygelaat word nie. Trauma
steel die sekerheid wat ons gehad het oor die lewe.
Wat is die vraag oor jou eie
of iemand anders se pyn wat
jy direk aan God wil vra?
4
Fases van trauma
Voor die trauma
Voor die trauma ry die motor sonder enige probleme met baie vertroue en spoed
op ’n bekende pad. Terwyl hy ry val daar toe onverwags ’n sinkgat in die bekende
pad, wat die motor laat vasval. Die bestuurder van die motor se belewenis is dat hy
nie kan beweeg nie. Dit is ’n traumatiese ervaring.
Alarm fase
Die eerste fase word gekenmerk deur skok of ongeloof oor wat nou net
plaasgevind het. Lamheid, magteloosheid en ’n gevoel dat jy selfs buite die
situasie staan, word soms in die eerste fase ervaar. Metafories het die bekende
pad verdwyn en daar is onsekerheid. Mens is nie eers seker oor dit wat nou net
plaasgevind het nie. Die liggaam en die mens se gewone denke en aksies
funksioneer direk na ’n traumatiese gebeurtenis nie normaal nie.
5
Fases van trauma
Noodroep fase
Tydens hierdie fase is daar drie moontlike reaksies op die traumatiese gebeure,
naamlik: veg, vlug of vries. Dit is belangrik om te besef dat jy in hierdie fase op die
bes moontlike manier opgetree is binne die bepaalde omstandighede. In die
metafoor van die motor wat in die sinkgat beland het, begin die bestuurder
agterkom dat die werklikheid/wêreld (pad), soos hy daaraan gedink het, nie meer
bestaan nie. Hierdie pad waarop hy gemaklik en met vertroue gery het, is weg. Die
realisering dat alles anders is, kan hier duidelik word.
Vermydingsfase
Met die aanvang van die derde fase is dit moontlik vir die persoon om te poog om
die hele ervaring/gebeurtenis te vermy of om dit selfs te ontken. Dit kan beteken
dat plekke, mense en aksies wat met die trauma geassosieer word, so vêr moontlik
vermy word. Mens kan selfs sê dat die gebeure ontken word en die motor se
versneller getrap word om verder op die bekende pad te ry, maar die
landskap het verander en die motor se bande is besig om op een plek te
spin, sonder om te beweeg. Om verder te ry sal daar nuut gedink moet
word oor die motor (die persoon), die pad (die lewe) en hoe daar bestuur
word (hantering van omstandighede).
6
Fases van trauma
Integrasie fase
Nietzsche het verklaar: “He who has a why to live can bear with almost any how.” In
die vierde fase van trauma word die gebeure geïntegreer in die persoon se lewe.
Die lewe gaan weer aan, al het mens se ervaring en denke dalk verander, kan die
persoon weer normaal begin funksioneer. Deur betekenis in die trauma gebeure te
soek en te ontdek, kan die persoon gehelp word in sy ontwikkeling en groei as
mens. Yvonne Retief stel: “When you have truly worked through an experience, you
usually emerge as a deeper and wiser person.” Die motor is weer terug op die pad.
Dit is dalk ’n alternatiewe roete en die motor is nie meer dieselfde nie, of dalk word
die pad net anders benader, maar daar is weer-beweging.
Vrae en Notas
Dink julle Johannes die Doper het trauma ervaar soos ons dit vandag omskryf
het? Verduidelik.
Noem al die karakters in die verhaal. As wie sien jy jouself in hierdie verhaal
en hoekom?
Bou ’n trauma muur by die huis deur nuusberigte uit te sny en dit daarop te
plak. Neem elke dag hierdie week tyd om stil te staan by die muur en vir
God te vra om julle by te staan in julle eie pyn en om julle te help om
sensitief te wees vir ander se seer.
7
1. Dood
9 Maart 2014
“Death ends a life, not a relationship” ― Mitch Albom, Tuesdays With Morrie
Lees saam: Johannes 11:1 - 44
Beide Maria en Martha het ’n verwyt in hulle stem wanneer hulle vir Jesus sê:
“Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” Jesus se reaksie is nie een
van ontevredenheid met hulle stelling nie, Hy reageer eerder met deernis deur
saam met die vrouens te huil.
Het jy al ooit met verwyt in jou
stem tot God geroep? Watter
troos vind jy in die teks? Skryf
jou gedagtes neer.
Kyk na die volgende opmerkings vanuit die teks: “Toe Jesus sien dat
Maria huil... het Sy gemoed vol geskiet en Hy was aangedaan.” en
“Jesus het gehuil.” Wat sê hierdie tekste vir jou oor God?
8
Hoe kan ek die rouproses verstaan?
Mites en Feite oor die rouproses:
Mite: Pyn gaan vinniger verby as jy dit ignoreer. Om jou pyn te ignoreer, dit vir
jouself te hou en op te krop kan dit vererger. Jy raak eensaam , voel dat niemand
jou verstaan nie , verhoudings begin skeef loop, jy word kwaad en selfs siek.
Mite: Dit is belangrik om ‘sterk te wees’ te midde van jou verlies. Om jou verlies te
erken en jou hartseer, bang en eensaamheid te erken is om inderdaad “sterk” en
getrou aan jouself te wees. Jy hoef nie jou familie en vriende te probeer beskerm en
weg te hou of uit te sluit van jou pyn nie. Hulle wil dan juis naby jou wees en jou
ondersteun. Om jou ware belewenisse en gevoelens te wys, kan jy hulle juis help
om jou te ondersteun.
Mite: Rou neem sowat ‘n jaar, dan moet jy kan aangaan met die lewe.
Inderwaarheid is daar is geen tydskedule of reg of verkeerd in die rouproses om dit
“ effektief” af te handel nie. Is daar dan nie stadiums van rou nie?
Kubler-Ross het navorsing gedoen met terminaal siek persone en toe die “five
stages of loss” geformuleer naamlik: ontkenning, woede, onderhandeling, depressie
en aanvaarding. Wanneer iemand van hierdie aspekte beleef is dit goed om te weet
dat dit bekende belewenisse is en dat dit met tyd beter sal gaan of sal
verander. Maar dit is ook so dat elkeen wat rou nie noodwendig deur al
of enige van die fases gaan of moet gaan om te genees nie. Rou is nie
net ‘n ritueel van vyf fases of stadiums wat afgehandel moet word en
wat jy dan met ‘n reg merkie kan afmerk nie. Nee, rou is ‘n
9
emosioneel-wesens proses met baie moontlike gesigte.
Ondersteun ander in hul rouproses
Respekteer die proses
Elkeen rou op ‘n eie unieke wyse. Dis ‘n emosionele proses met hoogte- en laagtepunte. Om
te rou behels soms ook baie intense emosies soos skuldgevoelens, woede, magteloosheid,
twyfel, en onverwagte gedrag in. Die persoon het net jou veilige teenwoordigheid nodig en die
bevestiging dat al die belewenisse en gedrag normaal en deel van die rouproses is. Genesing
het sy eie ritme en tyd. Respekteer dit.
Wat moet ek verkieslik nie sê nie:
Vermy opmerkings wat die persoon
se pyn en droefheid ontken, of wat
die dood verduidelik of God se plan
wil verklaar bv. “Ek weet hoe jy voel”,
“Dit is deel van God se plan”, “Kyk
liewer waarvoor jy dankbaar kan
wees”, “Die persoon is nou op ‘n
beter plek”, “Die gebeure is nou
verby, dit is nou tyd om aan te
beweeg”.
Vermy
ook
stellings wat begin met: “Jy
moet…”, “Jy sal…”. Vra
eerder vrae soos Wie dink jy
sal…?“Wat is vir jou
moeilik…?”
Wat kan ek sê:
Erken die situasie : “Ek het gehoor …… is dood.”
Gebruik die persoon se naam en praat van die
“dood”. Dit wys dat jy gewillig is om oor die dood te
praat en saam te treur.
Maak ook jou eie belewenis of emosie bekend:
“Ek is jammer/hartseer om te hoor van jou verlies.”
Wees opreg en eerlik met jou eie emosies bv: “Ek
is nie seker wat om te sê nie, maar ek wil graag hê
jy moet weet ek gee om.”
Bied jou hulp aan. Vra: “Waarmee kan ek vir jou
help of wat kan ek doen?” Moenie aanneem dat jy
weet wat die person nodig het nie.
Vra hoe die persoon voel. Moenie dink jy weet nie.
10
Wat kan ek doen?
Luister met deernis (compassion). Aanvaar en respekteer alle gevoelens; die
persoon moet weet jy sal nie veroordeel, kritiseer, argumenteer of voorskryf nie.
Vra respekvolle vrae (doen navrae oor) wat die persoon vrymoedigheid sal gee om
met jou te praat bv: Vertel my oor julle verhouding. Wat was besonders van die
persoon?
Wees gewillig om net in stilte daar te sit. Trane en stilte is ook “woorde”.
Moedig die persoon aan om te vertel van die omstandighede van die dood. Wees
geduldig, elke vertelling is ‘n verdere prosessering van die gebeure en maak dit
draagliker.
Wees prakties. Bied aan om sekere dinge vir die persoon te doen (kruideniersware te
gaan koop, rekeninge te betaal, tee te skink vir besoekers, op te ruim, kinders te gaan
haal ens.).
Berading. Moedig die persoon aan om met iemand te gaan praat wat kan help met die
prosessering van die rou.
Langtermyn ondersteuning: Probeer om op die langtermyn ondersteuning te bied. Na
die begrafnis gaan die lewe aan en dan beleef baie mense die pyn eers baie intens.
Spesiale dae. Probeer om ekstra ondersteuning te bied op spesiale dae soos
verjaarsdae, gesin- en familie-geleenthede, kerkfees ens.
Kinders. Gee besondere aandag aan die kinders. Hulle sit met hulle eie
pyn en die volwassenes is soms geneig om hulle tussen al die gebeure
heen, te vergeet.
11
Hoe kan ek my eie rouproses hanteer?
Kry ondersteuning. Waarskynlik die belangrikste in die rouproses is om
ondersteuning van ander te verkry. Dit is nie moontlik om alleen en op jou eie te
rou nie. Ons is bedoel om in verhoudings te leef en funksioneer en juis ook
te treur – ons het mekaar nodig. Om jou verlies met ander te kan deel en daaroor
te kan praat, maak die las ligter en makliker om te dra. Laat familie en vriende
toe om naby jou te kom en jou te ondersteun. Soms wil hulle graag help maar
weet nie wat om te doen of te sê nie. Sê vir hulle wat jy nodig het. Miskien is dit
net dat hulle daar moet wees, luister of help met praktiese reëlings. Steun op
jou verhouding met God en jou geloofsgemeenskap. Sluit aan by ‘n
ondersteuningsgroep. Praat met ‘n berader of iemand in die helpende professies.
Sorg vir jouself. Wanneer jy rou, raak jou energie en emosionele reserwes baie
gou uitgeput. Sorg vir jouself, veral jou emosionele en fisiese behoeftes.
Erken jou gevoelens. Gevoelens is die barometer wat sê hoe dit met jou gaan.
Verwoord jou gevoelens op ‘n sigbare, tasbare en kreatiewe manier. Bv. skryf n
brief aan die oorledene of hou ‘n joernaal en praat oor dit wat jy nog altyd met die
oorledene wou deel, die goeie en die pyn van die verhouding, maak ‘n foto album
of scrapbook, skryf ‘n gedig of plant ‘n boom ter herinnering van die persoon ens
–Dit is alles maniere om die lewe van die oorledene te “celebrate.”
12
Hoe kan ek my eie rouproses hanteer?
Versorg jou liggaam. Slaap genoeg, oefen en eet gesond. Vermy
medikasie wat jou gemoedstoestand onderdruk en jou verhinder om in
kontak te bly met jou gevoelens en herinneringe.
Moenie toelaat dat iemand vir jou voorskryf hoe jy moet voel en waar jy
nou met die rouproses behoort te wees nie. Moet ook nie vir jouself sê hoe
jy behoort te voel nie. Bly in kontak met hoe jy nou voel.
Beplan vooruit vir geleenthede waar die hartseer en rou weer baie intens
mag terugkom soos by verjaarsdae, familiegeleenthede, vakansies,
Kersfees ens. Beplan vooraf hoe om by sulke geleenthede die oorledene in
herinnering te roep en te huldig eerder as om net te swyg
Vrae en Notas
By die dood van ’n geliefde kan ons emosies baie keer wipplank ry
tussen hoop en wanhoop, geloof en twyfel, hartseer en vrede. Is daar
troos vir jou in hierdie verhaal, juis omdat Martha se emosies vir ons
gewys word? Vertel mekaar meer van jou belewenis.
13
2. Siekte / Lyding
16 Maart 2014
“So much in a relationship changes when a partner is seriously ill, helpless yet
blameless, and indefatigably needy.” ― Diane Ackerman
Lees saam: Lukas 8:40 - 48
In die teks lees ons die volgende: “Op
pad het die mense om Jesus
saamgedrom. Onder hulle was 'n vrou wat
al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely
het. Sy het alles wat sy gehad het aan
dokters uitgegee, maar niemand kon
haar gesond maak nie.”
Skryf al die emosies, gevoelens en denke neer wat julle dink
hierdie vrou mee geworstel het oor hierdie lang tydperk van
siekte. Hoe sou jy dit hanteer het as jy in haar skoene was?
Hoe moet ons siekte of lyding verstaan? Wat is die sin en doel
daarvan? Hoewel ons behoefte het aan een of ander rasionele verklaring
of verstaansraamwerk, kry ons slegs gedeeltelike antwoorde, of selfs meer
vraagtekens as antwoorde.
14
Vrae oor siekte
Is siekte en lyding as gevolg van straf op sonde?
In Deut. 7:12 – 15 lees ons dat die Here die volk van siektes sal bewaar as hulle hul hou by
Sy bepalings en voorskrifte. Dit is dan ook duidelik dat die dissipels glo siekte en straf is
noodwendig die gevolg van sonde, as hulle in Joh. 9:2 vir Jesus vra wie dan nou gesondig
het, die blinde man of sy ouers?
Wat van God se beloftes in die Bybel?
Sê die Here dan nie in byvoorbeeld Ps. 121:5 dat Hy die gelowige sal beskerm en
bewaar van alle gevare nie? Is God dan nie almagtig nie (Eks 6:2)? Is Hy nie regverdig
nie (Deut. 32:4)? Is Hy nie liefde nie (1 Joh 4:8)?
Wat van gebedsverhoring en geloofsgenesing?
Dat mense deur afhanklike en gelowige gebede tot genesing kan kom het
in die Bybelse tyd plaasgevind, sowel as vandag. Genesing vind egter nie
in alle gevalle plaas nie (gelowige gebede ten spyt). Is dit moontlik vir ons
om dit te verstaan?
Siekte en lyding trek nie ’n streep deur genesing nie, genesing is veel
omvattender as die blote afwesigheid van siekte en lyding.
15
Hoe kan ek ander ondersteun
Pasop vir selfbejammering wat maklik kan oorgaan in moedeloosheid en
depressie. Probeer blymoedigheid handhaaf te midde van moeilike
omstandighede.
Wysheid is nodig om maar net jou oor, hart en positiwiteit aan te bied.
Moenie klaerig en foutvinderig wees nie.
Moenie die sieke met jou eie pyn verdriet en probleme bemoei nie.
Vra gereeld of daar iets is waarvoor die sieke lus is.
As daar beterskap is, maak ’n ophef daarvan.
Bou daagliks aan die pasiënt se selfbeeld en kweek die besef dat hy/sy
waarde het.
Sien ook om na jouself. Maak tyd vir afleiding en om self ook te ontspan.
Soek self ook vertroosting en bemoediging, veral waar die siekbed baie
traumaties mag wees.
Sorg vir eie geestelike versterking anders kan die pad te steil raak.
Bid vir begrip en fyn aanvoeling.
16
Vrae en Notas
Met verwysing na die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het kan
ons die gevolgtrekkings maak dat Jesus se genesing nooit net
eendimensioneel is nie. Selfs waar Hy dus oënskynlik net fisies genees (die
vrou se bloedvloeiing) het Hy nie net die liggaamlike in die oog nie, maar ook
die gees en siel (jou geloof het jou gered ) Dit gaan dus vir Jesus eerder om ’n
holistiese genesing. Hoe help die verhaal jou hierdie waarheid te snap?
Ons wêreld is stukkend en sonde het die volmaakte verhoudings tussen mens en
God, tussen mense met mekaar en mense met hulself kom vernietig. Philip Yancey
skryf oor siekte en lyding die volgende: “Where is God when it hurts? He is in us –
not in the things that hurt – helping to transform bad into good. We can safely say
that God can bring good out of evil; we cannot say that God brings about the evil in
hopes of producing good.” Ons glo dat God nie die outeur van ons lyding is nie, maar
dat Hy ons eerder bystaan te midde daarvan. Wat is jou gedagtes/gevoelens oor
hierdie aanhaling?
Vertel van ’n geleentheid waar jy God se liefde en teenwoordigheid ervaar
het ten tye van siekte/lyding.
17
3. Werkloosheid
23 Maart 2014
“Poverty alleviation involves the much harder task of empowering people to earn
sufficient material things through their own labor, for in so doing we move people
closer to being what God created them to be.” – Steve Corbett
Lees saam: Lukas 18:35 – 43
Toe die blinde bedelaar hoor dat Jesus
naby is, roep hy om hulp. Jesus vra dan:
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
Vanuit ons bekommernis en seer roep
ons tot God en dan kan ons vandag ook
hoor hoe Jesus vir ons elkeen vra: Wat
wil jy hê moet Ek vir jou doen? Wat is
jou antwoord op Jesus se vraag vandag?
Wat is die diepste behoefte van jou
wese?
18
Waar kom my hulp vandaan?
Rick Warren praat in sy boek “Saam is ons beter” oor hoe ons mekaar nodig
het en hoe dit van die begin af God se plan was dat ons Sy doelwitte moet
uitvoer, in gemeenskap en verhouding met ander, want saam is ons beter.
Leonard Sweet praat in sy boek “11 indispensable relationships you can’t be
without” van die rol wat mense in mekaar se lewens speel, weens elkeen se
uniekheid en hoe dit ons help. Ons het ook in die GEBOU reeks gesien hoe
ons uniek geskape is en dat God ‘n doel met elkeen van ons het .
Dit is soms vir mense in ons gemeenskap moeilik om te vra vir hulp, veral as dit
gaan oor werk, omdat ons identiteit so verweef is met ons beroepe. Tog is dit
belangrik om te vra. Die blinde bedelaar is vir ons ’n voorbeeld, want hy hou
aan roep al maak die mense hom stil.
Dit is duidelik dat ons mekaar nodig het en dat God ons wil gebruik om
mekaar te ondersteun. Die lewe is nie iets wat ons op ons eie kan doen
nie. Wanneer jy in die moeilik is, is dit belangrik om te vra vir hulp. Trots is
dalk een van die grootste vyande van hulpverlening vir mense wat hul
werk verloor het. Dit is baie moeilik vir ander mense om te help as hulle
nie weet dat jy nood het nie.
19
Waar kan ek aanklop vir hulp?
‘n Jacob’s Well tak: ‘n Christelike ondersteuningsnetwerk vir mense wat tussen
werke of sonder gereelde inkomste is. Dit sluit in: ‘n beradings- en entrepreneurs
opleiding en ‘n ondersteuningskomponent, praktiese advies en leiding t.o.v cv’s,
onderhoude, hoe om die internet te gebruik en hoe om met agentskappe saam te
werk. Indien jy nie suksesvolle resultate kry met jou aansoeke nie, word dit ook
bespreek en raad en leiding gegee (www.jacobswell.co.za).
Werkverskaffingsagente en die internet is ook handige hulpmiddels vandag –
(www.careerjet.co.za).
Doen self navorsing oor maatskappye vir wie jy sal wil werk en kontak die
besluitnemers direk. Vra iemand wat jy vertrou om saam met jou te rolspel en
eerlike terugvoer te gee voordat jy die persoon kontak, berei goed voor en weet
wat jy wil sê.
Bly in kontak met mense en netwerk aanhoudend.
Kontak ‘n kundige indien jy vind dat jy gereeld iewers in die proses
vasval.
20
Waar kan ek aanklop vir hulp?
In Psalm 121 getuig die psalmis: “My hulp kom van die Here wat hemel en
aarde gemaak het.” Hoe beïnvloed hierdie getuienis ons emosies wanneer ons
in die middel van ‘n krisis staan? Het ons al in totale oorgawe by Hom gaan
hulp soek?
Skakel by ‘n klein-/omgeegroep in en kry mense wat saam met jou bid, jou
ondersteun en opreg omgee.
Neem verantwoordelikheid vir wat jy kan doen en moenie opgee nie.
In die film Baroudeur is Francois ‘n hardwerkende pa en
eggenoot. Hy word skielik die slagoffer van personeelvermindering en probeer dit eers vir sy familie wegsteek.
Nadat sy meubels deur skuldeisers verwyder word en sy vrou
nie met hulle bankkaart by die winkel kan betaal nie, voel dit of
sy lewe in duie stort; dit is juis dan wanneer hy op ‘n
nuwe manier na sy lewe, loopbaan en sy geloof in God
begin kyk. Hy gee vir God wat hy het en gebruik wat in
sy hand is. (Die DVD is beskikbaar om uitgeneem te
word by die Mediasentrum).
21
Vrae en Notas
Lys al die karakters in die verhaal wat ons gelees het. Met wie kan jy jouself tans
die meeste assosieer? Hoekom “praat” hierdie karakter die hardste met jou
vandag?
Baie keer fokus ons op dit wat ons nie het nie, op ons tekorte. Die rede hoekom ek
nie iets kan doen nie... Hierdie persoon was blind, dit was baie beperkend. Baie
keer kan ons verklaar dat my ouderdom teen my tel, ek het nie genoeg opleiding
nie of ek is net al soveel keer teleurgestel. Soms kan dit help om jou fokus te
verskuif na dit wat jy juis het. Wat is die bates wat vir jou geleenthede kan gee?
Wat is tot jou beskikking wat ‘n verskil kan maak in jou omstandighede?
Besoek www.a2bmovement.com Hierdie organisasie het baie
navorsing gedoen in gemeenskappe en bied praktiese hulp en
opleiding met die doel om mense te bekragtig om die gemeenskap om
jou te verander op ‘n positiewe wyse, sonder om ‘n afhanklikheid te
kweek by mense wat hulp nodig het.
22
4. Misdaad
30 Maart 2014
“Fear follows crime and is its punishment.” - Voltaire
Lees saam: Lukas 10:25 - 37
Daar is sekerlik amper nie een persoon in Suid-Afrika wat nie al self deur misdaad geraak
is of iemand ken wat hierdie trauma beleef het nie. Dit is al gesê dat ons as ’n
gemeenskap lewe met post traumatiese stress versteuring, veral as gevolg van die hoë
vlakke van geweldsmisdaad. Die gevaar is dat dit vir ons so algemeen word dat ons die
impak wat dit op mense se lewens het nie meer raaksien nie, dat ons blind is vir ander se
pyn. Misdaad steel meer by ons as net materiële goedere. Dit vermoor nie net mense nie,
dit steel en ontneem ons ons menswaardigheid en vertroue in ander mense.
Wanneer ons kyk na vandag se teks
sien ons iemand wat ’n slagoffer is van
gewelddadige misdaad. Lys al die
karakters in die verhaal. Met wie
assosieer jy in hierdie verhaal?
Verduidelik hoekom jy hierdie persoon
gekies het en watter emosies jy met
hierdie persoon deel.
23
Invloed van misdaad
Die graad van misdaad kan verskil, maar elke misdaad gaan gepaard met verwonding op
verskillende vlakke van ons menswees:
Op ekonomies/materiële vlak is daar beskadigde of gesteelde eiendom wat herstel of
vervang moet word;
Op die fisiese vlak is daar pyne as gevolg van aanrandings en beserings. As gevolg
van chroniese psigiese stress tree psigosomatiese siekte-toestande ook na vore. Die are
maak toe, die hartklop versnel, bloeddruk styg, sweet in die handpalms, daar is ‘n
snaakse smaak in die mond, self geheueverlies kan voorkom.
Op die emosionele vlak. Hier sien ons iets eienaardigs: die slagoffer se intellek en
emosies is in stryd met mekaar! Die intellek sê vir my dis alles verby, maar skaars
enkele sekondes later lê ek daar diep onder in die gat van depressie. Vrees oorval my:
elkeen wat ek raakloop lyk soos die verdagte. Dit voel of ‘n maalkolk jou ingesluk het; jy
twyfel aan jou eie vermoëns; woede en aggressie tree na vore; jy is agterdogtig. Mens
onttrek uit die samelewing. Baie slagoffers beleef angsaanvalle en skuldgevoelens.
Op geestelike vlak is daar ook reaksie. Jou geloof word geskud. Dikwels
word God verkwalik. Vrae wat gevra word, bv “Waar was die Here dan
vanaand?”, “Hoekom het dit met my en my gesin gebeur?”, “Ek het dan só
gebid?”. Aan die ander kant is daar baie slagoffers wat juis in hul verhouding
met die Here troos en vrede gevind het!
24
Hoe kan ek mense ondersteun
Onthou die ondersteuner kan ook gevoelens van trauma beleef. Sorg ook vir jouself en
kry ondersteuning vir jou eie sekondêre trauma.
Jy sal nooit presies weet hoe die persoon die misdaad beleef nie (al is jy deur ’n
soortgelyke ervaring), maar jy kan steeds ondersteunend wees.
Wees net ‘n oor vir die persoon en sê net wat nodig is. Moenie vals beloftes maak wat jy
gaan sukkel om na te kom.
Gee die persoon die geleentheid om oor en oor die verhaal te vertel.
Vermy om die persoon soos ‘n hulpelose slagoffer te hanteer
Herstel neem tyd, respekteer die persoon se pas na herstel en wees geduldig. Bly betrokke
met die hele proses.
Help om planne te maak, maar moenie besluite namens hom/haar neem nie.
Respekteer die persoon se reg om oor die misdaad te praat al dan nie.
Help die persoon om ondersteuningsgroepe te identifiseer en daarby in te skakel en bied
aan om saam hospitaal en of polisiestasie toe te gaan .
Met sy/haar toestemming, kontak vriende en familie om te help.
As jy die slagoffer was:
Onthou jy is nie alleen nie. Jy hoef nie alleen deur die trauma te worstel nie,
daar is hulp beskikbaar.
Jy kan verwag om gevoelens te ervaar soos woede, skok, hulpeloosheid,
hartseer of selfs skuldgevoelens.
Onthou jou verhoudinge kan beïnvloed word deur die trauma, selfs jou
verhouding met God. Praat met jou geestelike leier.
25
Vrae en Notas
“Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het
hy hom innig jammer gekry” – Vers 33.
Hoekom dink julle het die verskillende karakters juis so
gereageer op die slagoffer? Hoe sou jy gereageer het?
As jy deur misdaad geraak word, hoe sou jy graag
ondersteun wou word? Nadat jy hierdie opmerking gemaak
het, hoe anders gaan jou optrede teenoor ander lyk?
Watter rol kan die kerk in die groter gemeenskap speel om
’n verskil te maak in mense se lewens wat deur misdaad
geraak word? Dink veral hier in terme van die slagoffers,
maar ook hoe ons meer betrokke kan raak by die
oortreders...
26
5. Egskeiding
6 April 2014
It is not a lack of love, but a lack of friendship that makes unhappy
marriages. - Friedrich Nietzsche
Lees saam: Lukas 7:18 - 23
Prof. Niekie Alpaslan beskryf egskeiding as “die dood van die huweliksverhouding”.
Afgesien van die hantering van die gevoelens en reaksies, is daar ‘n rouproses oor
al die verliese wat met egskeiding gepaardgaan. Die persoon wat skei kan moontlik
die volgende ervaar:
Skok en ontkenning: “Dit kan nie waar wees nie? Hoe kon hy/sy? Waarom ek?”
Skuldgevoelens: “As ek maar net ...”
Gevoelens van verwerping, vernedering, minderwaardigheid, eensaamheid en
selfbejammering
Gevoelens van mislukking, nutteloosheid, doelloosheid en depressie
Emosionele verwarring: “Ek weet nie meer wat ek voel nie. Wat is reg
of verkeerd?”
Gevoelens van jaloesie: Jaloers op die ander eggenoot wat nou
(oënskynlik) gelukkig en sonder probleme is. Jaloers op ander
27
gelukkige pare.
Algemene gevoelens
Verliese
Die multidimensionele verliese wat egskeiding meebring, nooi ook gevoelens van
hartseer en depressie in. Wat verhoudinge betref, is die volgende belangrik:
Die verlies van ’n huweliksmaat (’n emosionele voedingsbron, of bron van
intimiteit)
Die verlies aan die status van om getroud te wees en die voordele wat
daarmee gepaardgaan.
Die onbereikte verwagtinge en ideale. Gevolglike gevoelens van woede en
opstand (aggressiewe reaksies) – veral teenoor die gewese eggenoot.
Die verhouding tussen die kinders en die nie-toesighoudende ouer.
Die reaksie van die kinders op hulle ouers se egskeiding.
Selfbeeld
Tydens ‘n egskeiding kan jou selfbeeld negatief beïnvloed word a.g.v.:
Voortdurende negatiewe terugvoer/uitsprake wat jy voor, tydens en na
die egskeiding van jou eks ontvang het.
Die afwesigheid van enige bewondering/waardering van jou eks.
Negatiewe selfgesprek na die egskeiding
Hoe kan ek ondersteuning bied?
Jy het nie ‘n graad in Sielkunde nodig om ‘n goeie ondersteuner te wees nie. Jy moet net
bewus wees van die nood, en bereid wees om te help. Wees beskikbaar om meer te
luister, minder te praat en soms saam te huil.
Hier is ‘n paar riglyne wat jou kan help om iemand wat deur ‘n egskeiding gaan te
ondersteun:
Moenie oordeel of kant kies nie; wees beskikbaar as jou vriend/in wil praat.
Jy hoef nie noodwendig iets te doen nie – veral nie die eks saam slegsê nie
Luister meer en praat minder. Huil saam.
Bied praktiese hulp aan – kinders vervoer/versorg, hulp met gebreekte karre, yskaste
of selfone, kruideniersware koop, kos maak
Moenie sommer net advies gee nie. Skep ‘n veilige ruimte deur jou hulp aan te bied
met: Vrae, besluitnemings, banksake. Beide vrouens en mans kan nuwe rolle as
vreesaanjaend of onmoontlik beleef.
Bied aan om saam te gaan na ‘n ondersteuningsgroep om die ys te breek.
Die persoon wat deur die trauma van egskeiding geraak word:
Jy hoef nie alleen deur jou pyn te worstel nie. Neem die stap om te vra vir
hulp – jou vriende, kollegas, bure of familie kan ‘n bron van krag en
ondersteuning wees. Soek ‘n egskeidings-begeleiding of
ondersteuningsgroep. Dit is belangrik dat jy die eerste stap moet neem
29
om hulp te vra.
Voorstelle vir ‘n suksesvolle egskeiding
Leer om dinge te aanvaar soos dit is. Niks is permanent nie.
In plaas van bitterheid en ‘n behoefte om die ander party te “straf”, kan jy kies
om saam te werk.
Fokus op die groter prentjie, jou egskeiding is net ‘n stukkie van die legkaart
van die lewe. Hoewel dit voel of jou lewe nou uitmekaar val, kan dit help om te
wonder oor hoe dinge oor 5 of 10 jaar gaan wees. Dit sluit ‘n visie in wat verder
strek as jou onmiddellike situasie deur jou proses van leer en groei.
Luister na die stilte en fokus op die innerlike stem van wysheid. Laat jouself
toe om in die oomblik te wees sonder enige oordeel, sonder om te probeer om
in beheer te wees of enigiets te verander – dit het ‘n diep kalmerende uitwerking
op die gedagtes sowel as die liggaam.
Wees vrygewig met jou genade en welwillendheid. Hierdie is waarskynlik die
moeilikste om te doen, veral as jy baie seergemaak of veronreg voel. As jy dit
kan regkry, sal jy vind dat jou hele innerlike lewe begin skuif en daarmee saam,
jou handelinge. Voor jy jou kom kry, begin jy gunste doen vir die een vir wie jy
so kwaad was.
Streef na spirituele groei. As jy die dag vir jou eks kan bid, dan weet jy
jy kon dit regkry om suksesvol te skei, in ‘n gees van genade, vergifnis,
welwillendheid en compassion teenoor jou eks en tot voordeel van almal
wat deur die egskeiding geraak word - jouself inkluis.
30
Vrae en Notas
Begin vandag julle kleingroepgesprek weer deur eers al die
karakters in die storie te lys. Met wie vereenselwig jy jouself
vandag in die verhaal? Verduidelik hoekom jy so sê.
Jesus vertel hierdie verhaal om te wys hoe stukkend verhoudings kan raak,
hoofsaaklik deur die keuses en aksies van mense. Verhoudings kan herstel
word wanneer daar vergifnis is. Vergifnis is menslik gesproke baie moeilik,
maar dit is iets wat God moontlik maak. In die verhaal is die pa die een wat
vergifnis ten toon stel, teenoor albei die seuns. Kan jy dink aan ’n voorbeeld
van waar iemand ’n ander vergewe het wat jou verbeelding aangegryp het?
Dit kan ’n nuusstorie ook wees. Vertel die verhaal oor in die groep.
Vergifnis beteken nie om te vergeet nie, maar om anders te onthou.
En as jy vergewe beteken dit nie dat die onreg ongedaan gemaak
word nie. Jy laat dit net oor in God se hand. Die verhoudings tussen
mense wat deur iets soos egskeiding geraak is, gaan anders lyk. Wat
het jy gehoor in hierdie gesprek wat jou gaan help in jou eie
egskeidingsverhaal of jou gaan help om iemand naby jou beter te
ondersteun?
31
Die Groot Vyf Traumas
Dood • Siekte/Lyding • Werkloosheid • Misdaad • Egskeiding
32

similar documents