Dood-van-Handleiding

Report
1. Dood
9 Maart 2014
“Death ends a life, not a relationship” ― Mitch Albom, Tuesdays With Morrie
Lees saam: Johannes 11:1 - 44
Beide Maria en Martha het ’n verwyt in hulle stem wanneer hulle vir Jesus sê:
“Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” Jesus se reaksie is nie een
van ontevredenheid met hulle stelling nie, Hy reageer eerder met deernis deur
saam met die vrouens te huil.
Het jy al ooit met verwyt in jou
stem tot God geroep? Watter
troos vind jy in die teks? Skryf
jou gedagtes neer.
Kyk na die volgende opmerkings vanuit die teks: “Toe Jesus sien dat
Maria huil... het Sy gemoed vol geskiet en Hy was aangedaan.” en
“Jesus het gehuil.” Wat sê hierdie tekste vir jou oor God?
1
Hoe kan ek die rouproses verstaan?
Mites en Feite oor die rouproses:
Mite: Pyn gaan vinniger verby as jy dit ignoreer. Om jou pyn te ignoreer, dit vir
jouself te hou en op te krop kan dit vererger. Jy raak eensaam , voel dat niemand
jou verstaan nie , verhoudings begin skeef loop, jy word kwaad en selfs siek.
Mite: Dit is belangrik om ‘sterk te wees’ te midde van jou verlies. Om jou verlies te
erken en jou hartseer, bang en eensaamheid te erken is om inderdaad “sterk” en
getrou aan jouself te wees. Jy hoef nie jou familie en vriende te probeer beskerm en
weg te hou of uit te sluit van jou pyn nie. Hulle wil dan juis naby jou wees en jou
ondersteun. Om jou ware belewenisse en gevoelens te wys, kan jy hulle juis help
om jou te ondersteun.
Mite: Rou neem sowat ‘n jaar, dan moet jy kan aangaan met die lewe.
Inderwaarheid is daar is geen tydskedule of reg of verkeerd in die rouproses om dit
“ effektief” af te handel nie. Is daar dan nie stadiums van rou nie?
Kubler-Ross het navorsing gedoen met terminaal siek persone en toe die “five
stages of loss” geformuleer naamlik: ontkenning, woede, onderhandeling, depressie
en aanvaarding. Wanneer iemand van hierdie aspekte beleef is dit goed om te weet
dat dit bekende belewenisse is en dat dit met tyd beter sal gaan of sal
verander. Maar dit is ook so dat elkeen wat rou nie noodwendig deur al
of enige van die fases gaan of moet gaan om te genees nie. Rou is nie
net ‘n ritueel van vyf fases of stadiums wat afgehandel moet word en
wat jy dan met ‘n reg merkie kan afmerk nie. Nee, rou is ‘n
2
emosioneel-wesens proses met baie moontlike gesigte.
Ondersteun ander in hul rouproses
Respekteer die proses
Elkeen rou op ‘n eie unieke wyse. Dis ‘n emosionele proses met hoogte- en laagtepunte. Om
te rou behels soms ook baie intense emosies soos skuldgevoelens, woede, magteloosheid,
twyfel, en onverwagte gedrag in. Die persoon het net jou veilige teenwoordigheid nodig en die
bevestiging dat al die belewenisse en gedrag normaal en deel van die rouproses is. Genesing
het sy eie ritme en tyd. Respekteer dit.
Wat moet ek verkieslik nie sê nie:
Vermy opmerkings wat die persoon
se pyn en droefheid ontken, of wat
die dood verduidelik of God se plan
wil verklaar bv. “Ek weet hoe jy voel”,
“Dit is deel van God se plan”, “Kyk
liewer waarvoor jy dankbaar kan
wees”, “Die persoon is nou op ‘n
beter plek”, “Die gebeure is nou
verby, dit is nou tyd om aan te
beweeg”.
Vermy
ook
stellings wat begin met: “Jy
moet…”, “Jy sal…”. Vra
eerder vrae soos Wie dink jy
sal…?“Wat is vir jou
moeilik…?”
Wat kan ek sê:
Erken die situasie : “Ek het gehoor …… is dood.”
Gebruik die persoon se naam en praat van die
“dood”. Dit wys dat jy gewillig is om oor die dood te
praat en saam te treur.
Maak ook jou eie belewenis of emosie bekend:
“Ek is jammer/hartseer om te hoor van jou verlies.”
Wees opreg en eerlik met jou eie emosies bv: “Ek
is nie seker wat om te sê nie, maar ek wil graag hê
jy moet weet ek gee om.”
Bied jou hulp aan. Vra: “Waarmee kan ek vir jou
help of wat kan ek doen?” Moenie aanneem dat jy
weet wat die person nodig het nie.
Vra hoe die persoon voel. Moenie dink jy weet nie.
3
Wat kan ek doen?
Luister met deernis (compassion). Aanvaar en respekteer alle gevoelens; die
persoon moet weet jy sal nie veroordeel, kritiseer, argumenteer of voorskryf nie.
Vra respekvolle vrae (doen navrae oor) wat die persoon vrymoedigheid sal gee om
met jou te praat bv: Vertel my oor julle verhouding. Wat was besonders van die
persoon?
Wees gewillig om net in stilte daar te sit. Trane en stilte is ook “woorde”.
Moedig die persoon aan om te vertel van die omstandighede van die dood. Wees
geduldig, elke vertelling is ‘n verdere prosessering van die gebeure en maak dit
draagliker.
Wees prakties. Bied aan om sekere dinge vir die persoon te doen (kruideniersware te
gaan koop, rekeninge te betaal, tee te skink vir besoekers, op te ruim, kinders te gaan
haal ens.).
Berading. Moedig die persoon aan om met iemand te gaan praat wat kan help met die
prosessering van die rou.
Langtermyn ondersteuning: Probeer om op die langtermyn ondersteuning te bied. Na
die begrafnis gaan die lewe aan en dan beleef baie mense die pyn eers baie intens.
Spesiale dae. Probeer om ekstra ondersteuning te bied op spesiale dae soos
verjaarsdae, gesin- en familie-geleenthede, kerkfees ens.
Kinders. Gee besondere aandag aan die kinders. Hulle sit met hulle eie
pyn en die volwassenes is soms geneig om hulle tussen al die gebeure
heen, te vergeet.
4
Hoe kan ek my eie rouproses hanteer?
Kry ondersteuning. Waarskynlik die belangrikste in die rouproses is om
ondersteuning van ander te verkry. Dit is nie moontlik om alleen en op jou eie te
rou nie. Ons is bedoel om in verhoudings te leef en funksioneer en juis ook
te treur – ons het mekaar nodig. Om jou verlies met ander te kan deel en daaroor
te kan praat, maak die las ligter en makliker om te dra. Laat familie en vriende
toe om naby jou te kom en jou te ondersteun. Soms wil hulle graag help maar
weet nie wat om te doen of te sê nie. Sê vir hulle wat jy nodig het. Miskien is dit
net dat hulle daar moet wees, luister of help met praktiese reëlings. Steun op
jou verhouding met God en jou geloofsgemeenskap. Sluit aan by ‘n
ondersteuningsgroep. Praat met ‘n berader of iemand in die helpende professies.
Sorg vir jouself. Wanneer jy rou, raak jou energie en emosionele reserwes baie
gou uitgeput. Sorg vir jouself, veral jou emosionele en fisiese behoeftes.
Erken jou gevoelens. Gevoelens is die barometer wat sê hoe dit met jou gaan.
Verwoord jou gevoelens op ‘n sigbare, tasbare en kreatiewe manier. Bv. skryf n
brief aan die oorledene of hou ‘n joernaal en praat oor dit wat jy nog altyd met die
oorledene wou deel, die goeie en die pyn van die verhouding, maak ‘n foto album
of scrapbook, skryf ‘n gedig of plant ‘n boom ter herinnering van die persoon ens
–Dit is alles maniere om die lewe van die oorledene te “celebrate.”
5
Hoe kan ek my eie rouproses hanteer?
Versorg jou liggaam. Slaap genoeg, oefen en eet gesond. Vermy
medikasie wat jou gemoedstoestand onderdruk en jou verhinder om in
kontak te bly met jou gevoelens en herinneringe.
Moenie toelaat dat iemand vir jou voorskryf hoe jy moet voel en waar jy
nou met die rouproses behoort te wees nie. Moet ook nie vir jouself sê hoe
jy behoort te voel nie. Bly in kontak met hoe jy nou voel.
Beplan vooruit vir geleenthede waar die hartseer en rou weer baie intens
mag terugkom soos by verjaarsdae, familiegeleenthede, vakansies,
Kersfees ens. Beplan vooraf hoe om by sulke geleenthede die oorledene in
herinnering te roep en te huldig eerder as om net te swyg
Vrae en Notas
By die dood van ’n geliefde kan ons emosies baie keer wipplank ry
tussen hoop en wanhoop, geloof en twyfel, hartseer en vrede. Is daar
troos vir jou in hierdie verhaal, juis omdat Martha se emosies vir ons
gewys word? Vertel mekaar meer van jou belewenis.
6

similar documents