Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging

Report
OP DIE WENPAD
Besigheidstudies Graad 12
KWARTAAL 1
Onderwerp 1: Impak van
onlangse wetgewing op
sakebedrywighede – die reaksie
op die behoefte vir regstelling
en gelykheid
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
BELANGRIKE BEGRIPPE:
Tydens die apartheidsera is min erkenning gegee aan enigeiets wat met menseregte,
inklusiwiteit of omgewingskwessies verband hou.
Sedert 1994 is talle wette en beleide ingestel om hierdie kwessies aan te pak.
Die meeste besighede in Suid-Afrika is baie gewillig om hierdie wette en beleide toe
te pas en daaraan te voldoen.
Die regering monitor die implementering van hierdie wette.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
BELANGRIKE BEGRIPPE:
Menseregte:
Die Grondwet van Suid-Afrika waarborg basiese regte aan alle mense.
Menseregte is dinge wat jy, as mens, mag wees, mag doen of mag hê.
Elke person is dus geregtig op privaatheid, waardigheid en gelykheid.
Hierdie wette help dat ons met mekaar oor die weg kom en in vrede saamleef.
Die menseregtekommissie verseker dat menseregte nie geskend word nie.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
BELANGRIKE BEGRIPPE:
Inklusiwiteit:
Beteken dat mense gelyke geleenthede kry, ongeag ras, geslag, ouderdom, kultuur
en fisiese gestremdhede.
Dus moet besighede diversiteit in die werkplek vevorder en verseker dat daar nie
diskriminasie is nie.
Verskillende wette oor verskillende vorme van diskriminasie, bv. WVO, WGI,
Die Menseregtekommissie bestuur en hanteer klagtes.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
BELANGRIKE BEGRIPPE:
Omgewingskwessies:
Hou verband met kwessies soos skade aan die natuurlike omgewing, uitputting van
natuurlike hulpbronne en die doeltreffende gebruik van hulpbronne.
Die doel is om ekologiese balans te verkry en besoedeling aan te pak.
Die Departement van Omgewingsake en Toerisme het wetgewing goedgekeur om
besoedeling te verminder.
Groen Skerpioene is op die been gebring om Suid-Afrika se parke, waterreserwes,
visserye, en so meer te beskerm.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
•Ras is in die apartheidsera gebruik om swart mense se toegang tot die ekonomie te beperk en
streng te beheer.
•Die gevolge was beperkte welvaartskepping en gedwonge onderontwikkeling onder swart
gemeenskappe.
•Dit het ‘n gebrek aan toegang tot sekondêre en tersiêre onderwys ingesluit.
AARD van SEB EN BBSEB:
•Toename in die aantal swart vroue wat nuwe en bestaande ondernemings besit en bestuur.
•Om ekonomiese transformasie te bevorder en betekenisvolle deelname aan die ekonomie vir
swartmense moontlik te maak.
•Om wesenlike verandering in die rassesamestelling van eienaarskap, en bestuurstrukstuur en in
professionele beroepe van nuwe en bestaande ondernemings, te bewerkstellig.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
AARD van SEB EN BBSEB:
•Beter toegang tot finansiering vir swart ekonomiese bemagtigingsondernemings.
•Die bemagtiging van landelike en plaaslike gemeenskappe d.m.v. beter toegang tot
ekonomiese aktiwiteite, grond, infrastruktuur, eienaarskap en vaardighede.
•Groter mate van toegang tot ekonomiese aktiwiteite, infrastruktuur en
vaardigheidsopleiding onder swart vroue.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
AARD van SEB EN BBSEB:
•Die eerste stel Kodes vir Goeie Besigheidspraktyk wat in 2003 ingestel is, het
bekend gestaan as Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).
•Die kritiek heirop was dat dit eng was omdat dit slegs gelykheid in eienaarskap en
verteenwoordiging in bestuur gemeet het.
•Baie min voorheen benadeeldes is hierdeur bevoordeel.
•A ‘n uitvloeisel hiervan is die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB) ingestel om rykdom oor ‘n breër spectrum van voorheen benadeeldes te
versprei.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Swart Ekonomiese Bemagtiging:
•Die bevordering van nuwe geleenthede vir voorheen benadeelde individue en
maatskappye in die eienaarskap, bestuur en beheer van ekonomiese aktiwiteite, en
die verhoging van hul deelname daaraan.
•SEB het dus slegs te make met die bemagtiging van swart mense op die volgende
gebiede:
• Eienaarskap
• Bestuur
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging:
•Die doel van BBSEB, soos deur die Suid-afrikaanse regering voortgestaan, is om te verseker
dat alle ondernemings:
• Erkenning gee aan die menseregte van alle mense (soos gedefinieer in die Grondwet en wat kwessies soos
gelykheid, respek en waardigheid insluit);
• Alle mense insluit (die armes, dié waarteen in die verlede gediskrimineer is, alle rasse, geslagte,
ouderdomme en mense met gestremdhede); en
• Die gesondheid van mense en die omgewing te beskerm
•Deur die Wet op BBSEB probeer die regering om alle besighede (winsgewend en (niewinsgewend) en regeringsorganisasies te betrek om by te dra tot die ekonomiese bemagtiging
van alle swart mense, insluitend:
• Vroue
• Werkers
• Jongmense
• Gestremdes
• En mense wat in landelike gebiede woon
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging:
•Die oogmerk is om dit te bewerkstellig deur sosio-ekonomiese strategieë soos:
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging:
•BBSEB gaan nie oor regstellende aksie nie.
•Dit is ‘n groeistrategie wat gemik is op die uitskakeling van ongelykheid in die SuidAfrikaanse ekonomie deur die aanmoediging en bevordering van swart bestuur,
gelyke indiensneming, vaardigheidsopleiding in besighede, swart entrepreneurskap
en die vestiging van KMMO’s deur regstellende verkryging.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Die Wet op SEB en die Wet op BBSEB bied ‘n raamwerk vir die ontwikkeling van
Kodes vir Goeie Praktyk, wat toegepas kan word deur alle besighede in al die
sektore van die ekonomie.
Dis om te verseker dat werksgeleenthede en rykdom oor ‘n breër basis versprei
word.
Hierdie kodes vereis dat alle entiteite wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie
werksaam is (vandaar die term breëbasis) ‘n bydrae tot die doelstellings van die
BBSEB moet maak.
Die strategie vir die bevordering van BBSEB behels die toekenning van puntwaardes
op ‘n BBSEB-telkaart.
F 6icb HT
up NY
BAas
M
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
BBSEB het voorheen uit sewe pilare bestaan:
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Nuwe SEB-kodes is aan die einde van 2013 uitgereik. Die sewe
pilare is saamgesmelt in vyf elemente:
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Die BBSEB-telkaart beskryf ‘n onderneming se SEB-status.
Vlak 8 is die laagste punt en Vlak 1 is die hoogste punt.
‘n Punt laer as Vlak 8, dui op nie-nakoming.
Eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling en ondernemings- en verskaffersontwkkeling is as hoëprioriteit geïdentifiseer.
Die BBSEB-wet van 2003 maak die Kodes vir Goeie Praktyk bindend op alle
regeringsorganisasies en openbare maatskappye, en die regering moet dit toepas wanneer
ekonomiese besluite oor die volgende geneem word:




Verkryging
Lisensiëring en konsessies
Openbare-privaat vennootskappe
Die verkoop van bates of besighede in staatsbesit
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Bestaande elemente / Pilare van 2003
Direkte ontwikkeling
Punt
Gewysigde elenmente / Pilare van 2013
(30%) Direkte ontwikkeling
Punt
(40%)
Eienaarskap
20
Eienaarskap
25
Bestuur / Beheer
10
Bestuur / Beheer (sluit werknemergelykheid in)
15
Indirekte ontwikkeling
(70%) Indirekte ontwikkeling
Werknemergelykheid
15
Vaardigheidsontwikkeling
15
Voorkeuraankope
20
Ondernemingsontwikkeling
Maatskaplike ontwikkeling inisiatiewe (Sosiale
verantwoordelikheid / KSB)
TOTAAL:
(60%)
Vaardigheidsontwikkeling
15
15
Onderneming en verskaffer ontwikkeling (Voorkeur
aankope)
40
5
Maatskaplike ontwikkeling
5
100
TOTAAL:
100
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
DOEL van SEB en BBSEB:
Die evaluering van besighede volgens die bereiking van die gemelde pilare van
besighede word gedoen deur SANAS (Suid-Afkrikaanse Nasionale Akkreditasie
Sisteem) asook deur ander agentskappe wat deur SANAS goedgekeur is.
Die gradering (telkaart) is geldig vir 1 jaar vanaf uitreiking. Besighede wat aansoek
doen vir ‘n graderingsertifikaat betaal daarvoor volgens die grootte van die
besigheid.
In 2012 het so ‘n sertifikaat ‘n klein besigheid R750 gekos, ‘n besigheid van
gemiddelde grootte (omset R5 miljoen – R35 miljoen) R6 000, en ‘n groot besigheid
(omset meer as R35 miljoen) R10 000.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Voordele en Nadele:
VOORDELE:
NADELE:
Gee nuwe geleenthede aan voorheen
benadeelde mense.
‘n Handvol mense word verryk, ten koste
van die massas.
Verskaf toegang tot kapitaal om nuwe
ondernemings en werksgeleenthede te
skep.
Die Wet bevoordeel nie noodwendig die
mense wat dit die nodigste het nie.
Slegs sekere groepe word bevoordeel.
Beleggers word aangemoedig om geld te
belê in ondernemings wat deur
swartmense besit of bestuur word.
Prosesse kan lei tot korrupsie en
nepotisme.
SEB-verskaffers geniet voorkeur – SEBverskaffers het dus ‘n mededingende
voordeel.
Sommige besighede word ernstig
benadeel deur die SEB/BBSEB-gradering.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Voordele en Nadele:
VOORDELE:
NADELE:
Moedig besighede aan om die eise vir
regstelling en gelykheid direk aan te
spreek.
Verhoog besighede se uitgawes (om ‘n
graderingsertifikaat te verkry).
Voorsien riglyne vir besighede om te
transformer.
Belegging en eienaarskap kwessies kan
vyandigheid tussen aandeelhouers en
bestuur veroorsaak.
Besighede dra regstreeks by tot
ekonomiese transformasie.
Maak voorsiening vir die ontwikkeling van
menslike hulpbronne deur opleiding en
geleenthede.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Voordele en Nadele:
VOORDELE:
Besighede word verbind tot maatskaplike,
sosiale, opvoedkundige en ekonomiese
ontwikkeling in die gemeenskap waarin
die besigheid werksaam is.
Werknemers se potensiaal en
vaardighede word ontwikkel.
‘n Goeie SEB/BBSEB-gradering kan
gebruik word as ‘n bemarkingstrategie.
NADELE:
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Voordele en Nadele:
VOORDELE:
Die SEB/BBSEB-gradering gee aan die
besigheid ‘n goeie idee van hoe ver
gevorder is m.b.t. die land se vereistes en
wat in die toekoms gedoen moet word om
volhoubaarheid aan die Wet te verseker.
‘n Goeie gradering sal besighede in staat
stel om beter afslag en ooreenkomste met
verskaffers te beding.
‘n Goeie SEB/BBSEB-gradering verbeter
die beeld van die besigheid.
NADELE:
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
VERPLIGTINGE VAN DIE BESIGHEID EN REGTE VAN WERKNEMERS M.B.T. DIE WET OP BBSEB:
Menseregte:
•Die handves van Menseregte soos vervat in die land se Grondwet, maak voorsiening dat
werknemers billik behandel word.
•Hierdie handves bepaal onder andere dat mense sekere regte het soos onder andere:
• die reg op gelyke behandeling: almal is gelyk voor die reg en het gelyke regte op beskerming en voordele.
• respek: almal verdien respek maar moet die respek waardig wees.
• menswaardigheid: almal het ‘n reg op menswaardige behandeling en dat hierdie menswaardigheid gerespekteer
en beskerm moet word.
• ekonomiese regte: die reg om ‘n billike salaris te verdien en ‘n gelyke kans te staan om ‘n werk te kry.
• maatskaplike regte: die reg op behoorlike dienslewering.
• kulturele regte: die reg om ‘n eie kultuur te beoefen sonder diskriminasie.
•In terme van BBSEB is die bogenoemde regte van toepassing.
•Die Grondwet beskerm ook ander menseregte, insluitend ekonomiese, maatksaplike en
kulturele regte.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
VERPLIGTINGE VAN DIE BESIGHEID EN REGTE VAN WERKNEMERS M.B.T. DIE WET OP BBSEB:
Inklusiwiteit (Indiensnemingsgelykheid):
•Inklusiwiteit beteken dat almal ‘n gelyke geleentheid gegee moet word.
•Geen diskriminasie teenoor enige person op grond van armoede, ongelykheid van die
verlede, ras, geslag, geloof, taal, ouderdom of enige ander faktor.
•In Suid-Afrika met ‘n diversiteit van rasse en bevolkings- en kultuurgroepe, moet die diversiteit
van die sameliweing in die werkplek weerspieël word.
•Die werkersmag van besigheide moet die demografiese samestelling van die bevolking insluit.
•Hierdie diversiteit in die werkplek moet met harmonie tussen die werkersmag bestuur word tot
voordeel van die besigheid en gemeenskap.
•Besighede moet geskikte en gekwalifiseerde werkers ongeag hul ras, geslag, kultuur, ens.
aanstel.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
VERPLIGTINGE VAN DIE BESIGHEID EN REGTE VAN WERKNEMERS M.B.T. DIE WET OP BBSEB:
Omgewingskwessies:
•Die Wet op BBSEB handel ook oor die verhouding tussen die besigheid en die omgewing.
•Dit sluit in die werksomstandighede van werkers sodat werknemers nie blootgestel word aan
nadelige invloede wat hul gesondheid kan benadeel nie.
•Voldoende beligting en belugting is noodsaaklik in die werkplek.
•Die omgewing moet ook bewaar word vir toekomstige geslagte wat beteken natuurlike
hulpbronne moenie uitgeroei word nie en besoedeling moet deur besighede bekamp word.
•Ander wetgewing maak ook hiervoor voorsiening.
•Bewaring en ekologiese volhoubaarheid van natuurgawes moet aandag geniet.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Aangesien besighede punte verdien volgens die BBSEB-telkaart wanneer verteenwoordigers
van SANAS of hul geakkrediteerde agentskappe die besigheid kom oudit, moet ondernemings
verseker dat hulle korrek optree volgens die vereistes van die vyf pilare.
Direkte ontwikkeling
Eienaarskap
•Besighede moet swart mense insluit as mede-eienaars deur aandeelhouding in die
maatskappy, as vennote, ens.
•Vrygestelde mikro ondernemings met 50 %+ swart mense in bestuursposisies, word bevorder
tot vlak 3 van die BBSEB-telkaart.
•Deur die wet korrek toe te pas kan meer swart mense die geleentheid kry om entrepreneurs /
eienaars van besighede te word.
•Dis soms moeilik om swart sakevennote te vind, aangesien hulle nie oor voldoende kapitaal
beskik om aandele te koop of om geld in die besigheid te belê nie.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Direkte ontwikkeling
Bestuur en werknemergelykheid
•Aanstelling van swart mense in bestuursposte op senior uitvoerende vlak en middelvlagbestuur.
•Besighede moet seker maak dat daar swart vroulike verteenwoordiging in bestuursposisies is.
•Wanneer maatskappye meer as 25 % van hul aandele aan swart mense verkoop en hulle
daardeur op die direksie kan dien, kan die maatskappy punte op die telkaart vir beide
bestuur en eienaarskap verwerf.
•A.g.v. ‘n skaarsheid aan vaardige swart bestuurders (direkteure) bemoeilik dit die taak van
maatskappye om aan die bepaling van die wet te voldoen.
•Hierdie aspek (pilaar) van die wet veroorsaak dat gekwalifiseerde wit persone emigreer na
ander lande waar daar nie teen hulle gediskrimineer word nie.
•Besighede moet ‘n Gelyke Indiensnemingsplan (billikheidsplan) hê wat ekstra koste meebring
en tydrowend is om op te stel en opgedateer te hou.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Direkte ontwikkeling
Bestuur en werknemergelykheid
•Konflik kan tussen werknemers onderling en tussen werknemers en
bestuur onstaan.
•Die werkersmag van besighede moet die demografiese samestelling
van die bevolking insluit.
•Hierdie diversiteit in die werkplek moet met harmonie tussen die
werkersmag bestuur word tot voordeel van die besigheid en die
gemeenskap.
•Besighede moet geskikte en gekwalifiseerde werkers, ongeag hul ras,
geslag, kultuur, ens. aanstel.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Indirekte ontwikkeling
Vaardigheidsontwikkeling
•Besighede moet swart werknemers insluit in vaardigheidsontwikkelinginisiatiewe.
•Moet voorsiening maak vir leerderskapprogramme vir swart werknemers.
•Besighede moet ekstra moeite doen om werknemers te laat oplei indien daar nie
leerderskapopleiding beskikbaar is nie.
•Besighede betaal 1 % van hul salarisuitgawes (indien meer as R500 000 per jaar)
as heffings aan die Vaardigheidsontwikkelingsfonds.
•Besighede trek voordeel uit die groeiende getaal vaardige / opgeleide werkers.
•Produktiwiteit word ingeboet wanneer mentors tyd moet afstaan aan
leerderskapprogramme.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Indirekte ontwikkeling
Onderneming- en verskaffersontwikkeling
•Besighede word aangemoedig om swart entrepreneurs te ondersteun.
•Dit kan gedoen word deur lenings, beleggings, donasies, konsultasie dienste, adviES,
mentors, ens.
•Kleiner besighede gaan dit moeilik vind om hierdie pilaar uit te oefen.
•Swart entrepreneurs raak te afhanklik van die ondersteuning van ander besighede
en sukkel om op hul eie met inisiatiewe vorendag te kom sonder die ondersteuning
van ander besighede.
•Dienste wat uitgekontrakteer word moet gelewer word deur verskaffers wat voldoen
aan BBSEB vereistes. Dit kan beteken dat hierdie verskaffers onbetroubaar is, maar
om punte op die telkaart te verdien, moet daar van hulle gebruik gemaak word.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Indirekte ontwikkeling
Onderneming- en verskaffersontwikkeling
•Besighede moet verskaffers wat voldoen aan diversiteit in eienaarskap en
bestuur, ondersteun om punte op die telkaart te verdien.
•Indien besighede se verskaffers voorheen benadeelde entrepreneurs is, sal
hulle meer punte op die telkaart verdien.
•Besighede het eintlik nie ‘n ander keuse as om van voorkeurverskaffers
gebruik te maak nie.
•Die verskaffers van goedere en dienste wat van BBSEB voldoening
verskaffers gebruik maak, sal voorkeur ontvang tydens die toekenning van
regeringskontrakte en –tenders.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Indirekte ontwikkeling
Maatskaplike ontwikkeling
•Die mate waartoe die besigheid programme loods vir die opheffing van die gemeenskap, sal bepaal
heoveel punte hulle op die BBSEB-telkaart gaan verdien.
•Hierdie programme plaas egter druk op die besigheid se finansies en dit neem baie tyd van
werknemers in beslag wat produktiwiteit kan benadeel.
•Ouditeurs van SANAS kyk bv. na die volgende areas wat die besigheid teiken met hul
opheffingsprogramme: omgewingsbewustheid, omgewingsbewaring, opleiding, afvalbestuur, behuising,
armoede, werkloosheid, ens.
•Behalwe vir die punte wat verdien kan word op die telkaart, kan die gemeenskap ook besighede boikot
wat niks doen vir maatskaplike ontwikkeling nie.
•Besighede vind dit moeilik om aan al die verskillende wetsvereistes vir maatskaplike ontwikkeling te
voldoen.
•Geld wat besighede aan maatskaplike ontwikkelingsprogramme bestee, verminder die besigheid se
finansiële effektiwiteit en maak dit dus minder kompeterend.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
HOE DIE VYF PILARE VAN DIE WET OP BBSEB BESIGHEDE KAN BEïNVLOED:
Indirekte ontwikkeling
Maatskaplike ontwikkeling
•Klein en medium grootte besighede vind di moeilik om aan hierdie pilaar van BBSEB wetgewing te
voldoen.
•Diskriminasie kan ontstaan wanneer besluite vir spesifieke opheffingsprogramme geneem moet
word, aangesien besighede beperkte fondse tot hul beskikking het (Watter kwessie is die
belangrikste wat die besigheid moet aanspreek?).
•Die tyd en mannekrag wat die besigheid aan hierdie opgeffingsprogramme moet afstaan kan die
aandag van die hoofdoel van die besigheid (winsgewendheid) verskuif na opheffing.
•Geld wat besighede spandeer aan hierdie opheffingsprogramme kom uit die wins van die
besigheid. Dit kon dalk eerder aangewend word vir die verlaging van pryse wat ‘n groter deel
van die gemeenskap kon bevoordeel.
•Dit neem tyd en ekstra uitgawes om hierdie opheffingsprogramme te registreer en volhoubaar uit
te voer. Daarby moet gedetailleerde verslae oor hierdie programme ook nog bygehou word.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
IMPLEMENTERING VAN BBSEB:
BBSEB word op verskeie maniere geïmplementeer, bv:
•Geld word geleen aan klein en medium swart ondernemings.
•Voorkeur word gegee aan SEB-ondernemings wanneer regeringstenders
toegeken word.
•Voorheen benadeelde individue word in bestuursposte aangestel.
•Beleggings word in ondernemings onder swart eienaarskap en
swartbemagtigingsondernemings gemaak.
•Samewerking met ondernemings onder swart eienaarskap en swart
bemagtigingsondernemings wat veroorsaak dat vaardighede uitgeruil
word.
•Aandele word vir swartmense voorbehou.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
IMPLEMENTERING VAN BBSEB:
BBSEB word op verskeie maniere geïmplementeer, bv:
•Vaardigheidsontwikkeling vir swartmense.
•Voorraad word aangekoop by ondernemings wat aan swartmense
behoort.
•Toename in die aantal swartmense wat ondernemings besit en beheer.
•‘n Groter hoeveelheid swartmense word aangestel in uitvoerende en senior
bestuursposte.
•Toename in swart eienaarskap van produktiewe bates, beter toegang tot
infrastruktuur, toename in die aanleer van vaardighede, toename in
deelname aan ekonomiese aktiwiteite in onderontwikkelde areas.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
IMPLIKASIES VIR ONDERNEMINGS:
Algemene implikasies:
•Heelwat ondernemings verkoop aandele met die doel om swart mense te bemagtig.
•Swart vroue word toenemend in bestuursposte aangestel.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Implikasies vir klein en groot ondernemings:
Klein ondernemings:
Groot ondernemings:
Ondernemings met ‘n jaarlikse omset van minder as R10
miljoen is vrygestel van SEB.
Bestuursposte word soms gehou vir voorheen benadeelde
persone – dit kan ‘n negatiewe impak hê op die
gemoedere van ander werknemers.
Meeste klein ondernemings se tyd, kapasiteit en personeel
is beperk. Enige ekstra administratiewe of finansiële laste
is dus moeilik om te hanteer.
Geld en tyd word daaraan gewy om SEB-verskaffers op
te spoor.
Die koste van hierdie administratiewe en beleidslaste
verhoog die koste verbonde aan handeldryf.
Sakebedrywighede kan onderbreek word wanneer
werknemers opgelei word.
Dit lei tot hoër pryse vir verbruikers en kan ook die
mededingendheid van klein ondernmeings, wat
kosteverhogings swaarder ervaar as groter ondernemings,
inperk.
Generiese maatskappye vereis groter begrotings en meer
mannekrag om SEB-punte te behou of te verbeter.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
Implikasies vir klein en groot ondernemings:
Klein ondernemings:
Groot ondernemings:
Dit het ‘n ernstige impak op werkskepping, aangesien klein
ondernemings vinniger werk kan skep as groot
ondernemings.
SEB-sertifikate is vir twaalf maande geldig – dit beteken
dat ondernemings elke jaar die SEB-verifikasieproses moet
herhaal.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE DAARAAN VOLDOEN NIE:
•Dit is moeilik om te bepaal of alle besighede aan die bepalings van die SEB / BBSEB
wetgewing voldoen, aangesien die Kodes vir Goeie Praktyk eers in Februarie 2007 deur die
die Parlement aanvaar is.
•Sommige besighede omseil die wet deur fiktiewe getalle m.b.t. die verskillende rassegroepe,
geslagte en gestremdes aan te dui.
•Daar is egter al ‘n verbetering in die aantal voorheen benadeeldes en vrouens in
bestuursposisies en as eienaars van besighede.
•Ouditeurs van SANAS en hul geakkrediteerde agentskappe wat besighede besoek om
verslag te doen oor hul vordering met hierdie wetlike bepalings dui die punte volgens die
pilare op die telkaart aan.
•Hoe beter besighede aan die vereistes van die vyf pilare voldoen, hoe hoër sal hul punte op
die BBSEB-telkaart wees en hulle sal voorkeur kry by die toekenning van referingskontrakte en
–tenders.
•Besighede wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal nie regeringskontrakte kry nie.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE DAARAAN
VOLDOEN NIE:
•Wanvoorstelling of poging tot wanvoorstelling van ‘n onderneming se
BBSEB-status, of die verskaffing van vals inligting aan ‘n
staatsverteenwoordiger, is ‘n kriminele oortreding.
•Voordoening van ‘n onderneming se SEB-status kan lei tot gevangenisstraf
vir direkteure of ‘n boete van 10 % van ‘n onderneming se jaarlikse omset.
•Die Departement van Handel en Nywerheid beklemtoon die belangrikheid
van transformasie deur middle van hierdie aggressiewe boetes vir nienakoming.
•Voordoening kan ‘n verskeidenheid vorms aanneem en foutiewe
interpretasiee van die Wet kan beteken dat daar onbewustelik of per
ongeluk voorgedoen word.
WET OP SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING EN WET
OP BREË-BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING
(NR 53 VAN 2003)
NAKOMING VAN DIE BEPALINGS IN DIE WET EN BOETES INDIEN DIE BESIGHEID NIE
DAARAAN VOLDOEN NIE:
•Die Wet is van toepassing op alle ondernemings met ‘n jaarlikse
omset van meer as R10 miljoen.
Vrygestelde Mikro-Ondernemings (VMO’s)
• Ondernemings met ‘n jaarlikse omset van minder as R10 miljoen is
vrygestel van SEB.
Kwalifiserende Klein Ondernemings
(KKO’s)
• Ondernemings met ‘n jaarslikse omset van R10 miljoen – R50 miljoen.
• Kwalifiserende Klein Ondernemings (KKO’s) moet voldoen aan
eienaarskap plus een ander prioriteitselement.
Generiese ondernemings
• Ondernemings met ‘n jaarlikse omset van meer as R50 miljoen.
• Generiese ondernemings moet voldoen aan al drie prioriteitselemente.

similar documents